Die wêreld van die skrywer

In PEN Afrikaans se “Die wêreld van die skrywer”-artikelreeks skryf skrywers oor die sake wat mense in die skryfwêreld raak.

Die verleiding en verskrikking van Substack – Marita van der Vyver

Soos ’n ander Substack-skrywer dit gestel het, dis soos om weekliks stoksielalleen ’n outydse dorpskoerant uit te gee. Jy is redakteur, verslaggewer, sub, fotograaf, bladuitlegkunstenaar, bemarker, alles waaraan jy kan dink, op eie houtjie. ’n Vreesaanjaende, onweerstaanbare uitdaging vir ’n skrywer wat as joernalis opgelei is en lank gelede by ’n outydse papierkoerant gewerk het.