Wat elke skrywer moet weet

PEN Afrikaans se artikelreeks oor belangrike kwessies in die skrywerswêreld

Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke – Sadulla Karijker

“Dit is belangrik om daarop te let dat outeurskap (naamlik wie die outeur van ’n outeursregwerk is) en eienaarskap (naamlik wie die outeursreg besit) afsonderlike konsepte in die outeursreg is. Hoewel dit moontlik is vir die outeur van ’n outeursregwerk om ook die outeursregeienaar te wees, is dit nie noodwendig die geval nie.”

Verhoogverwerkings

“Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?”

Die reg op privaatheid – Bernard Wessels

“Dit is belangrik dat voornemende skrywers moet onthou dat, in beginsel, elke persoon die reg het om te besluit watter aspekte van sy/haar lewe privaat is en wat privaat gehou moet word. Verder het individue ook die reg om te besluit watter inligting geopenbaar mag word en ook onder watter omstandighede sodanige openbaarmakings mag geskied.”