Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

Sluit by ons aan: Lourensa Eckard lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

PEN Afrikaans nooi ons lede, ondersteuners en ander belangstellendes om in te skakel vir ons jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika. Dit word vanjaar deur Lourensa Eckard gelewer. Lourensa Eckard is ’n joernalis, veldaanbieder vir Carte Blanche en die aanbieder van die aktualiteitsprogram ‘In Gesprek met Lourensa Eckard’ op kykNET. Die lesing vorm […]

Nuusbrief: September 2026

Oor: Tuin van Digters: 11 en 12 September 2026; PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2026; Jaarlikse lesing oor uitdrukkingsvryheid; Die kuns van vertaling: ’n artikelreeks; Skrywersrus by die Woordfees 2026; Onderteken ’n petisie en ’n ope brief aan die president van Eritrea: PEN dring aan op bewyse dat 12 joernaliste lewend is; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in September 2026.

Nuusbrief: Augustus 2026

Oor: Rus in vrede, Bettina Wyngaard (1971 – 2026); PEN Afrikaans kondig met trots suksesvolle Vertaalfonds-aansoeke op Vrouedag aan; Tuin van Digters 2026; Kortlyste: Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Augustus 2026.

Nuusbrief: Julie 2026

Oor: Wat soek die uitgewer?-gespreksreeks; Die skryf van resensies: Inskrywings ingewag; Wenners aangekondig: Toyota Stellenbosch Woordfes se kortverhaalbundel 2026; Konstitusionele Hof lewer uitspraak oor die grondwetlikheid van sekere dele van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Julie 2026; Baie welkom aan nuwe lede.

Die skryf van resensies: Inskrywings ingewag

PEN Afrikaans bied vanjaar vir die eerste keer sedert 2018 weer in lewende lywe ’n resensiekursus aan. Sluit gerus op 25 Julie van 10:00 – 13:00 by ons aan by die Breytenbachsentrum, plek van “uitdagende skepping” en boeiende gesprekke en werkswinkels oor onder andere musiek, drama en skryfkuns. Kom leer en gesels by dié multidissiplinêre […]

Jeugdag: Wenopstelle – PEN Afrikaans en WOW Skryfskool 2025

Op Jeugdag vier ons graag die prestasie van die leerders wat met die louere weggeloop het in die opstelkompetisie as deel van die PEN Afrikaans en WOW Skryfskool 2025. Hierdie leerders het by die WOW-galageleentheid pryse ontvang, maar ons sê ook hier: Baie geluk! Ons vier jul kreatiwiteit, jul stemme, jul insigte en jul prestasie. […]

Nuusbrief: Junie 2026

Oor: Herinnering: Wat soek die uitgewer?; Die wêreld van die skrywer: artikelreeks; Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees; Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2026.