Notes ytie underground: ‘n personal essay – Ryan Pedro

“You only trash if you trash, I keep it simple and dynamic / Trust the passage rites to life’s chapters / I have to write to find balance / This game of telephone massive, I do what I have to with the fragments” – Earl Sweatshirt, Armand Hammer, ‘Tabula Rasa’

I.

Isse political thing, han nie?

My bra vat ’n lang draw soos hy dié vir my vra. Dan laat hy sy longe vir ’n good paar seconds marinade in die rook. Klaar baked, kyk ek na die roach in sy hand, na hoe die wit rook stadig uit die swart kooltjie uit trek, gently verby my oë float soos ’n Luck Dragon.

’n Act of defiance, add hy.

Ek snap terug tot in die moment. Ons is besig om te praat oor dié essay wat ek moet skryf. ’n Piece oor writers wat van taalvariëteite gebruik maak as ’n stylistic choice. Iets wat ek en hy altwee doen in ons writing, maar rarely ’n second thought gee. Of ek doen nie, at least.

’n Political ding. ’n Act of defiance.

Ek wrestle my oë weg van die mesmerising kooltjie af soos my homie dié explanation vir my offer, en wanneer ek vir hom kyk, sien ek hoe moeg hy is. Ons werk al die hele week aan sy manuscript wat oor ’n maand by die publishers moet wees, en ons het nog baie ground om te cover voor dan. Maa it wasse good day today, dink ek,  jy’t ’n klompie befokte lines geskryf, en inne nie-standaard variëteit oek nogal, soe ek gannie nou hai vi jou ruin deu vi jou te explain hoe strongly ek met jou disagree nie…

En is ook nie eers dat my bra verkeerd is nie. Nie theoretically nie. Want enige literary field het sy agents wat die mainstream establish en try maintain, teenoor sy agents wat die mainstream try uitdaag en ondermyn. Dié interaction kan in subtle terms beskryf word as ’n constant negotiation vir cultural capital, en ultimately, die reg om dié ding wat ons literature noem, te define. En as jy lus is om less subtle te wees, is daar altyd Frantz Fanon:

It is the colonist who fabricated and continues to fabricate the colonised subject. The colonist derives his validity, i.e., his wealth, from the colonial system1.

As jy subscribe tot my tjommie (en meeste postcolonial scholars) se theory van revolution via revolt, maak dié quote baie sense as jy dit apply tot ons eie literary field. Bring vir my die laaste decade se resensies van so-called marginalised writers se werk, of die program van enige literary festival laas jaar, dan wys ek vir jou hoe daai negotiation van validity waaroor Fanon praat, deurkom in die language van said resensies, en hoe die active othering plaasvind deur die strategiese plasing van sekere writers op sekere podiums en panele. En dié othering móét plaasvind. Die enigste way hoe die mainstream kan sê ons is almal só, is om die teendeel te bewys deur middel van die periphery.

Dis probably hier waar ek moet sê dat die irony van my wat dié essay skryf nie lost is op my nie. Ek is basically besig om myself te other deur te partake in dié discourse. Maar wat die postcolonial theory rondom writing into and against the mainstream betref, is ek ’n chip of the old block. Ek kon natuurlik hierdie hele artikel in Standaardafrikaans geskryf het, maar instead het ek gedink nah, fuck that – kom ek steel net die syntax van die standard, ’n hoeksteen van julle ivory tower, en bleed mý variant seamlessly into it, só met sy untranslated en unglossed woorde.

Suppose daai is ’n political act, maar net nie in die way soos my homie dink nie. Truth is, ek kan nie much care vir political wees in my writing nie. Nie deliberately nie at least. As my writing political is, is dit ’n byproduct van my existence as ’n jong, coloured man. Ek inhabit ’n body wat heavily policed, sensored, fetishised en feared is. Ek hoef nie te probeer om political te wees nie. My hele existence is political. So wanneer ek skryf, is dit die laaste ding wat op my mind is.

My enigste goal wanneer ek skryf, is om een gevalike line op die page neer te kry. ’n Line wat true is tot myself. ’n Line wat die power het om my hart te breek en dit in dieselfde breath weer te mend. En wanneer ek succeed het in daai, try ek om dit weer te doen. En weer te doen. En weer te doen.

Authenticity is seker ’n woord daarvoor. Self-indulgence maybe ook. Either way, is ek focused op myself wanneer ek skryf. Ek voel niks vir die politics van die literary field nie. En ek voel niks vir anti-establishment try wees nie. Is corny.

Of wat dink jy? vra my bra vir my soos hy die blunt na my toe pass. Ek kyk vir lank daarna voor ek antwoord:

Jy’s reg. Is political. Even wanne it personal is, issit political. Hai shit is kak annoying.

II.

Ek het ’n baie complicated relationship met language.

Ek het in ’n huis opgegroei waarin albei my ouers Kaaps gepraat het. Maar dié huis was soos ’n eiland waar dit gestaan het, in ’n white suburb in Kakamas. Ek moes dus die heeltyd rondspring tussen twee linguistic spaces – Kaaps en Standaardafrikaans. As ’n laitie was dit horrible om die twee met mekaar te vereenswelwig, en wanneer jy die heeltyd uitgelag word wanneer jy jou mond oopmaak, is dit makliker om net jou mond te begin hou.

Of net oor te switch Engels toe.

Suppose daai’s een van die grootste redes hoekom ek ’n writer geword het. Om dié conflict wat ek met language het, te try resolve. Deur die mechanism van writing, en poetry specifically, kon ek sense maak van myself in spaces wat vir my foreign voel. Daar’s ’n rede hoekom al die speakers in pienk ceramic-hondjies mostly op die periphery staan van elke situation waarin ek hulle geplaas het. Hulle observe en probeer ’n manier kry om te relate tot dié spaces – die ghetto wat hulle net op December holidays gesien het, en die suburbs.

Of my speakers succesful was in hul endeavours, is ’n point om te argue. En of ek dit in real life, as Ryan, reggekry het, is ook up for discussion.

I mean ek skryf nog, én ek skryf soos dié, so do with that what you will…

So wanneer mense vir my vra of ek in Kaaps skryf, sê ek vir hulle in baie ways doen ek, en in baie ways doen ek nie, is complicated, want die variëteit waarin ek skryf, is Kaaps in sy ethos, en largely ook in sy linguistic structure, maar wanneer jy na die content van my werk kyk, sal jy sien hoe dit die Kaapse én die suburban milieu transcend om footing te gaan soek in die underground, in sub-cultures.

Ek het voor die TV, en saam met die internet opgegroei. My hele identity is shaped deur die sub-cultures wat ek deur dié mediums encounter het, en toe voor gaan soek het in die streets. Cyphers in abandoned parking lots, graffiti onder overpasses, skateboarding in empty pools. Dié is die spaces waarin ek myself insert het, en dié is die spaces wat my werk inform. Die textures, die attitudes, die characters, die conflicts, die struggles, die beauty daarvan is alles present in my werk, en dit kan saamgevat word deur ’n credo wat al dié sub-cultures in common het: keeping it real.

Ek’t byvoorbeeld ’n skateboarding poem in my nuwe boek, en van die lines gaan só:

dope, die

laaste bietjie van die blunt

roasting

smooth, die

kick, push, kick, push

coasting

curb-op hard flipping

ripping

tearing

deur

teer

voor ek sidewalk-langs

manual

weightless voel

beer-drenched

rat-filled alleys

stadig soos

sonneblomme

onder my board

oopvou

ek

crooked grind

my

corroded mind

om ’n memory te spark

van about a

week ago:

Dié is nie lines wat jy in Standaardafrikaans kan skryf nie. Nor is die reeks poems oor porn stars wat ek laas week geskryf en submit het vir ’n underground zine nie. Ek het vir shits en giggles een van die poems translate into Standaardafrikaans, en die results was horrible. Soos om in missionary te fuck met ’n sandpaper condom aan.

Plus, hoe translate mens even doggy style?

III.

Die ander dag sit en lag ek my klaar vir ’n comment op een van die keurverslae van my nuwe bundel.

Volgens die een keurder moes baie van die poems twee of drie keer gelees word, en soms met Google byderhand. Daai’s al hoe hulle dit régtig kon verstaan. En dis nie ’n vindictive soort laughter gewees nie, maar rather ’n acknowledgement van die extreme irony van dié comment.

Dit het my teruggevat tot in my first year of studying, waar ek in presies dieselfde situation was. Elke keer wanneer daar ’n digbundel deur een van die kanon se greats aan my present was, het ek dit oopgevlek, en nie vir ’n fok verstaan wat ek voor my sien nie.

En dan moes ek anyway maar net die werk insit om dit te verstaan.

So wanneer ek só ’n comment kry, kan ek net lag daarvoor, en maybe quietly by myself dink ja, julle kan lekke ’n slag mý shit oek Google. Maar dit is nie eers so deep nie. Die rede hoekom ek net kan lag daarvoor, en dit kan ignore sonder om dit ’n second thought te gee, is omdat ek weet my writing is nie vir almal nie. En dat dit nie my werk is om dit appealing óf palatable te maak vir almal nie.

So as iemand suggest dat ek my werk moet gloss, is my immediate refusal om dit te doen nie rooted in politics nie. Dis oor ek, quite frankly, nie omgee nie. Ek het geen aspirations om die mainstream óf die periphery te affect met my literary offerings nie.

My literary forefathers is Nas, MF DOOM en Kendrick Lamar. My peers is Westside Gunn, billy woods en Earl Sweatshirt. En my language is die collective voice van al die sub-cultures wat my gebirth het. So wanneer ek skryf, skryf ek into dié spaces. Spaces waarin daai een impossible trick, daai een gevalike line meer beteken as enige iets wat die literary field vir my bied.

Niks van daai is revolutionary nie. Is net keeping it real.

1 uit The Wretched of The Earth, deur Frantz Fanon