
bullet point.
10 April 2025; jou phone screen vesuip in ʼn blou see van Facebook notifications: vrinne en vreemdelinge tag jou in status updates. Hulle mention jou in comments confettied met emojis van party poppers, hearts en hanne wat sonne sound applause. Te midde all the diluvial chimes, discover jy dat jou gedig “my taal, no ghap” angekondag is assie eesteplekwenner vannie Kyk hoe ver het ons gekom-gedigteskryfkompetisie, angebied deu PEN Afrikaans in collaboration met Versindaba en LitNet.
Volgens die call out op LitNet hettie skryfkompetisie ten doel om “ʼn eeu van Afrikaans as amptelike taal” te celebrate. Hie’oo het jy niks nuuts te sê nie. Maa vat maa nog once die chance to challenge twie problematic woorde wat innie boenste quote uitstiek soes a sore thumb.
eeu. n.
Afrikaans is ouer as ʼn 100 jaar. Afrikaans se 100-jaar-bestaansvieringe issie net vekeert nie, maa oek violently exclusive. Vi Klyntji skryf jy dat op “8 Mei 1925 was mense wat lyk en klink soes [jy] [..] amputated from the creation en teenwoordagheid in Afrikaans.” Jou Khoi voorouers, die ware language alchemists, se monne was alreeds innie 18de eeu gevul met dié taal, assit nie dalk earlier wassie.
amptelik. adj.
Die formele erkenning van Afrikaans as ʼn taal in 1925 shape jou mont in vraagtiekens:
Uit wie se monne moes Afrikaans ees kom soedat dit dié status kon geniet? In ʼn lant met ʼn lacerated geskiedenis van colonialism; ʼn lant waa Apartheid, ve’al innie vroeë 20ste eeue, in sy prime was, wie se monne kry die sole mag om te besluit wat is ʼn amptelike taal of nie? Toe Afrikaans gecertify was as ʼn Taal, hoe het dittie bestaande power dynamics vêde gestrengthen en wie se monne was in dié process erase? Verampteliking het geboorte gegie an standarisering. Hoe het dit bygedra tot die ministery van witheid as dominance? Wie was en is nog steeds die standard? En wie se tonge moet assimilate?
bullet point.
Geskryf innie idiosyncrasies van Bolandse Afrikaans, lies jou wengedig as follows:
my taal, no ghap
interesting feit: ʼn is ʼn veswakking vannie ouer
litwootvorm een (AWS, 2009) & ʼit maak sin dattie
afkappingstieken shaped is soese traan
daai black hanging grief is altyd daa
nessie gront en dié taal mos altwie myne
dan skielikie mee nie soes byrie poskantoor
innie neelsie silwer krulle van gewese goue hare
haa gekriekelde hanne certify my ID copy
sê ek praat baie mooi. sê my Afrikaans is
ordentlik. sy wag vi my om dankie te sê
Afrikaans, Afrikaans met haa dubbele ontkenning
willie vi my kennie vraag: hoeveel begrafnispamfletjies
moet geprint wôt in my taal voodat ʼit rerag myne is? anwoot my
anwoot my! interesting feit: die eeste Afrikaanse teks
was geskyf in Arabiese letters /tonge noggie unstiched
maa cursive soesie swirlkous gevleg deu my suste se hare
cursive soesie wasgoedt se edges wat ouma overlap oppie
lyn om pennietjies te spaar, cursive & slant soes derra
bearing allie weight van bruin wies no ghap
Afrikaans is myne alien & allie gate innie vokale
issie boelet holes ʼie oekie die gront se oep bekkie
maa liewes portals na ʼn plek waa ôs mobile toe gan
& liewentag trug kô. elke diftong is ekke reunited
met my broese oppie fletse se trappe
waa ôs oep mont lag, tonge dusk orange van lukwartels iet
bullet point.
Jy stream currently die satirical television series: The Studio, wat volgens jou, sonne kak praat, easily innie top drie place van Apple TV+ se already impressive collection van shows. (Severance kry obviously die eeste spot! Gan stry met jou ma as jy wil stry). Mettie wen announcement van jou gedig is daa nog debris van The Studio se derde episode stuck in jou mind soes stukkies vleis trapped tussen tanne. Wat jou haunt, while jy jou bekroonde verse lies, issie woorde van Matt Remick, gespeel deu Seth Rogan. Hy noem twie kee deurie loep vannie episode:
Good artists borrow, great artists steal.
bullet point.
Hopefully sal poets vestaan. Jy het erens in Januarie ingeskryf virrie kompetisie en, al genuflect jy nie to theism nie, het jy die poem in liewe jesus se wêreltwye hanne gelos. Wat wil sê jy hettie wee na dai gedig truggegaan of daa’an gedinkie. Mostly omdat jy by nou al wiet dat gedigte nooit eindag nie. En jy ken jouself, jy sou heeltyd wou karring en krap an iets wattie mee in jou hanne issie.
10 April 2025; die crowning van “my taal, no ghap” lei daatoe dat jy jou inskrywing wee lies en, soes great artists maa doen volgens The Studio, kon jy duid’lik jou fingerprints spot op lines wat gesteel was.
bullet point.
Crawling through the infancy van jou writing journey kom jy af op ʼn article, “Die agste gebod”, geskryf deu Lynthia Julius. Hie’in bely sy, binne die confessional booth shaped blaaie van PEN Afrikaans se website, dat sy ʼn raging kleptomaan is. Kak funny en insightful, soes Julius maa altyd is, het jy presies gewiet waa’oo die Springbokker praat. Meeste van jou gedigte retell jou ma se stories, jou phone se notes app is oolai met anecdotes van jou aunties en uncles se tanne tel.
As ʼn gesoute wordsmith het jy jou bio beginne paint met descriptions soes archiving your families stories en reimagining your peoples forgotten histories. Same-same soes Lynthia, jy is literature se eie tikkop.
Met black-and-white striped shirt. Gesig agte ‘n donker domino masker, tiptoe jy later in jou writing career deu anne poets se collections om hulle lines te purloin. Selfs jou wen gedig, “my taal, no ghap”, is riddled met jewels and gems wat jy gegaps het uittie werk van bekende poets soes Ocean Vuong en Safia Elhillo.
En, nou, met hierie article probee jy jou references en inspirations onnerie spotlight plaas. Die Kyk hoe ver het ons gekom-skryfkompetisie het ‘n twenty five line limit gehad. Daar wassie plek vir endnotes nie.
Jy doen nie penance nie // Jy pen jou notes.
bullet point.
Augustus 2023; jy wort genooi deu Johannesburg Institute for Advanced Studies om as ʼn research fellow vi drie maande te skryf an ʼn poetry project, waa jou woorde gelies en critique sal wort deu jou peers. Een van jou fellows furrows his brow as hy een van jou lyne lies uit “ouma as an elegy”:
i can’t tell if my ouma is crying
or if it’s the sky
grey and grieving
Hy kyk jou vlak innie oë ennie spasie tussen julle vedwyn soe skielik soes dawn pearls pierced oppie tong van onkruid assie eeste sonstraal se lang vinges strek oorie Bolant.
Isn’t there someone you would like to cite here?, vra hy, this line sounds very similar to Danez Smith’s work.
Mister Oplettende Fellow het jou dai dag bewus gemaak dat daa iets bestaan soes crafting a notes section vi jou poetry. Vi “ouma as an elegy” het jy die volgende note compose oppie laaste page van jou poetry project.
Note:
In “ouma as an elegy” the lines “i can’t tell if my ouma is crying / or if it’s the sky” are borrowed from Danez Smith’s poem “Summer Somewhere.”
bullet point.
Jy is nou ʼn slut virrie Notes Section! Die final blaaie van poetry compilations waa die poet emphasis plaas oppie ideas and inspirations that conjured the work into being. Jy crack open die spine van Freedom House ennie music influences wat KB Brookins weave deu sy collection is vannie staan spoor af nog onbekent an jou. Wannee “Good Grief” jou hart in a familiar way breek, rush jy na die Notes Section vi moontlike elaboration. Daa discover jy dat Brookins oek ʼn liefde het virrie kwesbare en melancholic melodies van Frank Ocean. Brookins cite dat “”Good Grief” has language from the song “Pilot Jones” by Frank Ocean.” Jy blaai trug na die poem en jou hart shatter ve’de into shards of flesh.
Net soes met Brookins se collection se endnotes en innie verse van Ryan Pedro se Pienk ceramic hondjies, alhoewel sy debut nie ʼn Notes Section hettie, kan die Notes Sections songs list wattie poem(s) geïnspireer het. Nie net musiek nie, maa oek kunswerke, boeke en films. Soes Fatimah Asghar in If They Come For Us contextual informasie bied oo die terrorist attack in Peshawar op 16 Desember 2014, kannie Notes Section oek gebruik wort om historiese backgrounds te veduidelik.
bullet point.
Innie Notes Section van Teaching My Mother How To Give Birth utilise Warsan Shire die space om translations en beskrywings te bied virrie Arabiese frases in haa boek. 10 April 2025; net na son tjaila; jou chommie vannie Lavender Hill WhatsApp call jou to congratulate jou op jou wengedig, “my taal, no ghap”. Jy raak vi ʼn oomblik stil om sy vraag te process.
Wat betieken no ghap? Repeat hy die vraag, jolting you back to Earth. Jy het gedog dat kallits especially sal wiet wat no ghap betieken. Soes Warsan Shire offer jy virrie lieser dié explanation.
Note:
Ghap – om claims te maak op items wattie joune issie, maa wat jy wil hê. No ghap wort declare deu die owner vannie item om predicted ghap te vemy.
bullet point.
Die Notes Section gie die lieser oek ʼn glimpse into the literary community vannie poet. Hie dink jy annie liefdevolle references gemaak an mekaa innie afsonderlike Notes Sections van Hanif Abdurraqib, Fatimah Asghar en Danez Smith se collections.
Everything Is A Deadly Flower, beautifully gepen deu Maneo Mohale, se Notes Section noem Kopano Maroga se naam. Wannee jy Maroga se Jesus Thesis and Other Critical Fabulations lies skil die intimate vehouding tussen die twie poets vannie page af. Innie endnotes van hul boeke hou hulle letterlik mekaa se hanne vas. Jy vestaan wat Maroga bedoel as hulle Mohale troetel mettie naam Dzaddy tydens ʼn gesamentlike liesing by The Red Wheelbarrow Poetry Collective.
Die title van “my taal, no ghap” shed ook light op jou literary community.
Note:
Die title “my taal, no ghap” kom vanaf Luzandré Davey se gedig “Ghap.” Haa gedig is geskryf tydens ʼn weekly workshop sessie angebied deu The Mother Tongue Project waa’van ôs altwie founding members is.
bullet point.
Soes met jou Note vi “ouma as an elegy”wort die Notes Section oek gepaint met lines wattie poet borrow by anner authors se werk. Dit kan verse wies wat woort vi woort gecopy is, verse wat altered is of verse wat gelei het tot inspirasie.
Safia Elhillo se twiede poetry collection, Girls That Never Die, lift ʼn quote uit ʼn Vanity Fair-artikel. Innie Notes Section skryf Elhillo oo die gedig “Taxonomy (I Go To Meet The Poem…)”: “The line ‘family honor is in the body of the girl’ is based on a quote from an anonymous source in the Vanity Fair article ‘You’re Essentially a Prisoner: Why Do Dubai’s Princesses Keep Trying to Escape?’ by Vanessa Grigoriadis. The original quote is ‘family honor is within the girl—her virginity is the family’s honor’.”
Vi jou wengedig source jy Ocean Vuong se skillful gebruik van metaphors om liestiekens te elevate met simboliek en menslikheid.
Note:
Die lyne “‘it maak sin dattie / afkappingstieken shaped is soese traan” is gebore uit inspirasie gekry vanaf ʼn lyn uit On Earth We’re Briefly Gorgeous geskryf deur Ocean Vuong. Die oospronklike lyn is “It is no accident, Ma, that the comma resembles a fetus […].”
Alhoewel die anecdote oo jou ervaring by die poskantoor innie Neelsie unearth is uit jou personal history, hettie lies van Safia Elhillo se The January Children dai memory wee wakke gemaak.
Note:
Die lyne “soes byrie poskantoor / innie neelsie / silwer krulle van gewese goue hare / haa gekriekelde hanne certify my ID copy / sê ek praat baie mooi” is ʼn herinnering uit personal experience that was rediscovered by reading Safia Elhillo’s The January Children.
bullet point.
Die Notes Section kan rêrag ienage iets wies wattie werk van citation doen. Jy adore die endnotes vi die perfect haven wat dit skep om nuwe poets en interesting leesstof te discover, maa oek omdat dit jou allow om te eavesdrop oppie conversations wat poets se woorde het met anner poems en unconventional forms of media. Dit bevestig die wetende waarheit dat poetry orals en in alles skuil.