PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

Jongste nuus en artikels

Nuusbrief: April 2026

Oor: Kunsmatige intelligensie: Kommentaar ingewag op Nasionale Konsepbeleid en ’n voorstel vir ’n skrywersberaad; Die Universiteit van die Vrystaat ken […]

Nuusbrief: Maart 2026

Oor die plaaslike kunste- en medialandskap; Ses skrywers is gekies vir die 2026 PEN dit neer-residensieprogram; Inskrywings ingewag: Toyota Stellenbosch […]

Nuusbrief: Februarie 2026

Oor: In memoriam: Diana Ferrus (1953 – 2026); Die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun nuwe vertalings na Arabies, Duits en Bulgaars; […]

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans9 hours ago
Ons April-nuusbrief is hier op ons webwerf beskikbaar: https://penafrikaans.org.za/nuusbrief-april-2026/
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans2 days ago
Hartseer nuus. Rus in vrede, Johnny Davids.

Sy boek, Boytjie, het in 2024 verskyn. Die beskrywing lees:
"Johnny Davids word groot op die Kaapse Vlakte. As jong seun besluit hy hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat Vivian in vir 'n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af. Vandag is Johnny 'n suksesvolle televisie- en sportaanbieder. Sy verhaal gee aan elkeen van ons krag om aan te gaan en om te droom dat dinge vir ons kan beter wees."

Ons dink met deernis aan sy geliefdes in hierdie moeilike tyd.

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans3 days ago
"Ek glo harde werk kan jou lewe verander. En toe ek dapper genoeg was om aan myself te erken ek wil ’n skrywer wees, was dit my plan van aksie: werk hard. Ek het altyd geglo harde werk maak jou ’n beter skrywer.

Tot ek nie kon skryf nie."

Cliffordene Norton se artikel "Toe harde werk ophou werk het" is nuut in ons artikelreeks #diewêreldvandieskrywer.

Moet dit nie misloop nie. Dit is hier beskikbaar: https://penafrikaans.org.za/toe-harde-werk-ophou-werk-het-cliffordene-norton/
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans4 days ago
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans5 days ago
Theo Kemp en die Jakes Gerwel Foundation maak al vir jare wonderlike skrywersresidensies moontlik en weet hoeveel dit vir 'n skrywer kan beteken. Dit is blye nuus dat Theo nou self 'n residensie losgeskryf het. Baie geluk!
#ledenuus
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans5 days ago
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

KONTAK ONS | CONTACT US