Persverklarings

Persverklarings soos uitgereik deur PEN Afrikaans

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun nuwe vertalings na Arabies, Duits en Bulgaars

PEN Afrikaans kondig met trots aan dat die PEN Afrikaans Vertaalfonds drie vertaalprojekte sal ondersteun wat die Afrikaanse letterkunde na nuwe internasionale lesers sal neem. Ná oorweging van die aansoeke wat teen die vorige sperdatum ontvang is, is besluit dat die volgende vertalings ondersteun sal word (alfabeties gelys volgens die skrywer se van): Mahrousa Publishing, […]

Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing

PEN South Africa en PEN Afrikaans is uiters ontsteld oor die onlangse besluit van die minister van sport, kuns en kultuur, mnr. Gayton McKenzie, om die inskrywing van die werk wat aangewys is om Suid-Afrika by die 61ste Venesiese Biënnale te verteenwoordig, te kanselleer. Volgens ’n berig deur Daily Maverick is die besluit geneem nadat […]

Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

PEN Afrikaans nooi ons lede, ondersteuners en ander belangstellendes om te kom luister na ons jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika. Marianne Thamm, die bekende joernalis, analis, skrywer en dramaturg, sal vanjaar se lesing lewer. Dit sal op Saterdag 1 November om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.  Die lesing vorm […]