
As ek ’n painter was en ek sou sê, die paint het al my relationships swat gecolour en my liewe opgefok, sou baie mense die poetry daa in kon lies. As ek moes sê poetry het my liewe opgefok, kon dai into ’n poem branch — die pathos sway easily. En mense sou kon subtly nod soes fragrance notes, ad misericordiam. Ieman might selfs sê, “Hie’s ’n regte artist. Een wat sy eie outsized hart consume et, fabulae amatoriae.”
Maa om te sê comic books het my liewe en relationships gedemolish en flatten soese boulder oo Wile E. Coyote klink funny, selfs vi my. Ve’al vi my. Wan nieman sien die absurdity vannie comic book artist clearer as ekkie. Dié medium met sy een voet stuck ve’iewag in adolescence. In fantasies van mans en vrouens in tights wat kan vlieg en indestructible is. ’n Stronghold virrie bullied en neglected wat expression kom leer et innie silent taal van speech bubbles.
En dai is hoekom ek soe lief is vi die medium. Virrie innocent posture vannie artist by sy drawing tafel, die modest status. Low art wat selfs die lowest kan practise. Nie een vannie fine arts ie, barely literature.
Ek despise intellectual respectability, in sy corduroy jacket, sy sensible slacks, sy comfortable loafers. Die groot scarf om weg te stiek daa waarie floating head ennie skoues nie connect ie. En as ek ees begin wêk op my drawings, sal jy rêrag vestaan wat ek bedoel. As ek ees begin cartoons teken, strip die conceits van respectability weg, distend my limbs soese rubber hose figure. Wôd ek wee wat ek daityd was: ieman wat met sy voete iet, en met sy hanne oppie tafel slaan om gefeed te wôd. Endless leemtes maak oep in my. My inside, hammerspace.
Ek wôd Osamu Dazai, No Longer Human.
ii
’n Lifetime past, inne houthys in Bishop Lavis. Net ookant ’n polisiestasie, wattie much doen om crime te stop innie area nie. Ôs cut na ’n close-up van wielyse wat oorie hout stap asof hulle rent betaal. Oppe greasy kooi in die een vetrek Wendy House, lê ek en kyk dié housemates an wie later gan drink wattie vlooie nie gan by ytkom ie. Voo ek beslyt om op te staan maak ek myself responsible virre klein massacre watte streak van my eie ou bloed oppie planke los. Meer yte feeling van malice asse preventative measure. My bloed gan gedrink wôd, one way or another. Ek’s resigned tottit. Evidenced deerie strings van klein blisters wat my body cover. Wat my lat lyk soese vampire se teething toy. Die issie business van my liewe in my twenties, ek betaal vi als in bloed. Is my iennagste currency.
iii
Is drie van ôs wat saambly hie in die houthys. Wie saam wêk en saam mekaa mal maak. Is ek, my ouer broe André en ôs vriend Mckenna. Mckenna is soe mal soes twaalf hase, maa hy kan ienagge iets teken. Hy is self-trained en self-educated in sy local library. Dieselle soes ôs. Maa nie ees André wiet meer van art history as hy nie. En André wiet die meeste van meeste goed. André issie writer, ’n artist homself ennie technician wie Mckenna se drawings bieter maak en my drawings regmaak. Ek is vie jaa jonger as hulle. En ek is different in baie ways, al like ôs dink ôs cut from the same cloth. Ek hette bad relationship met my artistic gifts. Ek is aware dat pieces van myself slowly wegraak. Ek hettie die technical skills van my broe en Mckenna nie, ek moet rely op iets different: my ability om my vinges dieper en dieper in my diepste wonde te druk. Is my party trick ommie muses te entertain. Die is hoe ek my way betaal, die is my song vi my supper.
iv
Mckenna was unlucky. As hy ôs twie jaa vroeër gemeet et sou als different gewies et. Sou hy met twie broes gekry et wie die American dream dra soes water bearers. Ôs was ambitious en bold en tien steps voo ammel. Maa klomp goed het gebriek intussen, en wat ôs mee opgëeindig et was twie mense wie inwardly liewe, enamoured dee honesty ennie natural beauty van suffering mense. Comic book artists inne land waa nieman comics liesie wat wil skryf in Kaaps, ’n taal wat nieman wil liesie. Ek dink soms dat Mckenna sou bieter af gewies et as hy op sy eie bly wêkit. Maa hy issie ’n writer offe colourist ie, hy isse brilliant inker, maa hy hettie die patience ie. Maa meeste popular comics is badly geskryf, en meeste vannie tyd issie art oek nog bad. Ek dink al wat Mckenna wou hê wasse 9 to 5, ’n way om geld te maak yt sy astonishing talent. Maa die publishing wêreld was impenetrable vi hom, hy konnie praat vi homself ie. Soe mense wie nie helfte van sy gifts of intelligence gehad et ie, het neegekyk op hom.
Daa isse tangible resentment wat soms emanate vanafie drawing table waa Mckenna wêk. It glow soese aura. Hy dink ôs wil soe liewe. Hy dink ôs wil maa nettie gesê wôd wat om te doenie. Dattit humility is wat ôs lack.
Asof ek en André nie troubled is deerie idea dat daa ’n safer route yt poverty wassie. Goeie skool grades, ’n goeie university enne bieter job was simple hoops om dee te jump. Instead van die heart to heart met jou ma, “Mammie ek wil comics teken.” Soes omme teenage pregnancy te announce. Soe embarrassing. Ek’s embarrassed dee die eccentricity wat course soes electricity dee ôs veins.
v
Ek staan op, stap deerie godyn wat function asse makeshift partition tussenie slaapkame ennie res vannie meestal leë vetrek. Oppe klein, groen, plastic tafel staan wat lyk soes vyf jaa se bôrre en koppies. Ôs het meer bôrre en koppies as kos. Die plek lyk abandoned, wan als is covered in vet layers van stof wat lyk asofit ytie skorregoed groei soes moss. Die result vanne cement vloe wat shed soese golden retriever. Ek is disgusted dee myself en André en Mckenna. Ek is al een wat skoonmaak. En kos maak. Ek het even eenkee getry ommie beddegoed te was, maa it het in trane opgeëindig. Mettie son wat sak ennie wasgoed wattie wil droeg kommie.
André en Mckenna sit heeldag soes sout pilare soes Lot se vrou, caught innie act van trugkyk. Frozen oorie klein grimy, sticky plastic tafeltjies. Is lonely wêk wat tyd los vi niks watte life resemble ie. Is meticulous, repetitive wêk ommie selle characters ennie selle backgrounds, dieselle klere oo en oo te teken. Ees in pencil, en dan wee in ink. Als wil twie kee gedoen wôd, tewyl eenkee te veel is. En dan eventually die colours, wat André handpaint mette mouse. As André begin colour, slow die hele process af. Wan ek en Mckenna staan heeldag en loe oo sy skoue. Is soe beautiful as als bymekaakom. Die wêreld voel soe liewendag.
Maarie pad narie colours isse lang een, ennie colours self isse langpad op sy eie. Jou rug groei krom, eelte groei soes boeme yt jou vinges, daa isse oudheid wat kom sit in jou. Somtyds as jy gan slaap dan sukkel jy om jou limbs wee straight te kry. Jy voel soes een van dai groen plastic toy soldiers wat PEP altyd vekoep et. Melted, cast en frozen in een position vi eternity. Jou body sône die necessary points of articulation wat norag vi movement is. Jou liewe staan stil.
vi
Meeste dae baklei een van ôs mettie anne. Die tension is al wat dikker lê assie stof. Ôs is altyd honge en altyd exhausted. Ek wêk part-time, maa is kleingeld. Ôs wiet die boek gan klaa kom, maa nie voo ôs al ôs dignity veloorit ie, en nie voo ôs elkeen in sy eie way te vê gan gannie. Mekaa gan hurt cause en in pain sien in ways wat jy nie gou vegiewe nie. Nie twie jaa of twinnag jaa later ie. Die fights met Mckenna is brutal maa petty even funny. Die fights met my is net brutal. Ennit los my altyd minner as wat ek was. Diminished en ailing. Ek dink as die boek klaa is, gan nie een van ôs mee van mekaa hou nie.
Oppie goeie dae wat ôs nie mekaa haat ie, proclaim ôs mekaa se indispensability. Insist ôs op hoe useless ôs is sône mekaa. Hoe nie een van ôs die comic sou kon klaa maak op sy eie nie. Nevermind ommie publishing deadline te maak. Oppie goeie dae noem hulle my die talisman. Wan ek hette nose vi shards van lig innie donke opspoor.
Op bad dae stap suicidal thoughts dee ôs houthys soese 90s-era pa, eager vi een van sy kinnes om op te slip. Soedat hy een van ôs kan ytsingle en veskrie. Op sukke dae staan ek op soes nou, na ammel gan slaap et. Staan ek voo my drawing tafel en repeat an myself, “Jy issie talisman, jy issie kinnesman, met jou youth en jou looks. Jy bring ie rien saam jou, jy issie rainmaker. Jy wassie stof skoon. Jy issie lucky packet, vol cheap surprises.”
En dan commit ek narie blaai, skills en depth ouer as ek. Dan vestaan ek goed wat ek vegiet die volgene oggend. Ek wôd perfect symmetry, watchmaker, Master of Drapery. Ek wôtie merchant wat elke line se weight perfectly mettie oeg kan judge.
Is porridge. Is iets virrie oggen, iets new vi mense vi wie elke dag dieselle is. Wan ek wiet is swaa om te wêk oppe leë siel. Die laaste ding wat Mckenna vi my gesêrit voo hy gan slaap it was, “Man isse poes my broe. Man isse fokken loser.” Die laaste ding wat André gesêrit voo hy gan slaap it was, “Ôs gan dood gan in die plek. In obscurity.” En toe recite hy vi my “Aedh Wishes for the Cloths of Heaven” omdat ek gevra et hy moet,
Had I the heavens’ embroidered cloths,
Enwrought with golden and silver light,
The blue and the dim and the dark cloths
Of night and light and the half light,
I would spread the cloths under your feet:
But I, being poor, have only my dreams;
I have spread my dreams under your feet;
Tread softly because you tread on my dreams.