Op Jeugdag vier ons graag die prestasie van die leerders wat met die louere weggeloop het in die opstelkompetisie as deel van die PEN Afrikaans en WOW Skryfskool 2025. Hierdie leerders het by die WOW-galageleentheid pryse ontvang, maar ons sê ook hier: Baie geluk! Ons vier jul kreatiwiteit, jul stemme, jul insigte en jul prestasie.
3de plek: Palesa Lekhetha – New Orleans Sekondêre Skool
2de plek: Anja Claassen – New Orleans Sekondêre Skool
1ste plek: Rukayah Abrahams – Luckhoff Hoërskool
Vanjaar sluit die WOW-program by die Woordfees weer die PEN-skryfskool in. Dit is ’n kans vir hoërskoolleerders om selfvertroue en skryfvernuf te bou in die skryf van opstelle.



