Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

In memoriam: Diana Ferrus (1953 – 2026)

“Stil broers, daar gaan ’n Lady verby,” skryf Mercy Kannemeyer, voorsitter van PEN Afrikaans, ná die hartseer nuus van dr Diana Ferrus se afsterwe op 30 Januarie 2026. “As regisseur het ek die geleentheid gehad om saam met Lady Di te werk in die musiekgedrewe produksie “Woorde op akkoorde”. Gevestigde name soos Frazer Barry, Deniel […]

Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing

PEN South Africa en PEN Afrikaans is uiters ontsteld oor die onlangse besluit van die minister van sport, kuns en kultuur, mnr. Gayton McKenzie, om die inskrywing van die werk wat aangewys is om Suid-Afrika by die 61ste Venesiese Biënnale te verteenwoordig, te kanselleer. Volgens ’n berig deur Daily Maverick is die besluit geneem nadat […]

Nuusbrief: Desember 2025

Oor: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026 toegeken; Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; ’n Verklaring oor Kindle Translate; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Desember 2025.

Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop

PEN is ’n internasionale organisasie wat skrywers se regte wêreldwyd beskerm en bevorder. Met die PEN dit neer-residensieprogram nooi die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa skrywers en digters met geldige PEN-lidmaatskappe om aansoek te doen vir hierdie skrywersresidensie wat onverstoorde skryftyd in die kreatiewe en inspirerende ruimte van Paulet Huis waarborg. […]

Nuusbrief: November 2025

Oor: Ingrid Jonker se fisieke argief terug in Suid-Afrika; Woordtrofees-wenners vir 2025 bekend; Kyk: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in November 2025.