Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

Algemene jaarvergadering 2025: Bestuurder se verslag

In ’n wêreld vol geweld, sensuur en onderdrukking, raak die rol en belang van ’n organisasie soos PEN al hoe belangriker. In ’n wêreld waarin empatie ontbreek, raak die rol van letterkunde al hoe belangriker. Ons nooi julle om saam met ons te dink oor PEN Afrikaans se rol en potensiaal in hierdie land en in hierdie wêreld waarin ons leef.

Algemene jaarvergadering 2025: Voorsittersverslag

Soos in vorige jare kan ek ook sê dat ons werksaamhede klaarblyklik iets is waarop PEN Afrikaans trots kan wees. Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, kon, soos verlede jaar, na aanleiding van ervarings by PEN International se jaarlikse hoofkongres, getuig van die kennelike agting wat PEN Afrikaans geniet by die hoofbestuur van dié organisasie asook by afgevaardigdes van ander PEN-sentra. Die komplimente wat sy en haar mede-afgevaardigde van PEN Afrikaans, Fiona van Kerwel, ontvang het, betref die sukses van projekte soos ons ondersteuning van inisiatiewe om Afrikaanse boeke in ander tale vertaal en gepubliseer te kry, Die Onsigbare Kind-projek (’n leesprojek […]

Die 91ste internasionale PEN-kongres: ’n Verslag deur Mercy Kannemeyer

Die 91ste kongres van PEN International het vanjaar vanaf 2 – 5 September in Kraków, Pole plaasgevind. Onder die tema “Freedom of Words, Words of the Free” het afgevaardigdes van PEN-sentrums regoor die wêreld by die ICE Kraków Kongressentrum byeengekom vir vier dae van besprekings, beplanning, verkiesings, drome vir die pad vorentoe en gedeelde solidariteit. […]

PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan

PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is. PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.

Nuusbrief: September 2025

Oor: PEN Afrikaans veroordeel die sluipmoord op Bouwer van Niekerk ten sterkste; Tuin van Digters 2025; Wenner van die Ingrid Jonker-prys aangekondig; Kortlyste vir Afrikaanse resensiepryse bekend; Algemene jaarvergadering; Suid-Afrika se beleidsraamwerk oor kunsmatige intelligensie en die geleentheid vir insette oor die oudiovisuele mark; Rus in vrede, prof. Wilhelm Jordaan; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in September 2025.

PEN Afrikaans veroordeel die sluipmoord op Bouwer van Niekerk ten sterkste

PEN Afrikaans betreur en veroordeel die sluipmoord op Bouwer van Niekerk. Dit is ’n tragiese en skokkende verlies van iemand wat bekend was as ’n onkreukbare regspraktisyn, ’n toegewyde landsburger, en ’n geliefde vriend en familielid. Dit is ook ’n laakbare aanval op ’n grondwetlike demokrasie waarin korrupsie geen plek behoort te hê nie en […]