Die ontwikkeling van tegnologie het ’n drastiese invloed op vertaling en maak sodoende tegnologiese hulpbronne en -middels ’n essensiële deel van die vertaalproses (Ruokonen en Koskinen, 2017). Een van dié tegnologiese ontwikkelings is die ontwikkeling van generatiewe kunsmatige intelligensie (GKI). Alhoewel GKI nie spesifiek vir vertaling geskep is nie, word […]Read more »
Die kuns van vertaling
Die vertaler bemiddelaar in die klaskamer Die vertaler word dikwels voorgestel as iemand wat tussen tale werk, en wat betekenis van een taalstelsel na ’n ander oordra. Tog is vertaling in die klaskamer baie minder beperk. Dit neem vorm aan in verduidelikings, in terugvoer, in die herformulering van komplekse idees, […]Read more »
“As ons glo dat letterkunde meer as net verstrooiing is, iets het om oor te dra aan die leser, is dit tog seker die moeite werd om ook ander kulture se waardes en nukke en smake te ervaar deur middel van daardie kulture se voorste interpreteerders. Noem dit ‘cultural exchange’ (kulturele kruisbestuiwing?).”
“’n Goeie vertaling is diensbaar aan die bronteks, én ’n teks op sy eie, waarby jy as ’n leser vergeet dat jy die konstruk volg van een subjektiewe interpretasie (want elke vertaler kom met ’n ander vertaling), en jou kan oorgee aan die idees, die taal, die beelde van die teks.”
Vertaling maak wêrelde aan lesers oop – van kinderboeke, fiksie, digkuns tot niefiksie. Die waarde van ’n vertaling lê in die vertaler se vermoë om ’n teks aan die doelteksleser oor te dra sodat dit moeiteloos en met die grootste plesier gelees kan word. Dit is daarom belangriker as ooit […]Read more »
PEN Afrikaans doen in 2024 ’n reeks onderhoude met vertalers van verskillende genres om meer van hulle liefde vir dié kuns te hoor. Die onderhoudreeks skop af met Kobus Geldenhuys, bekroonde kinderboekvertaler.





