“As ons glo dat letterkunde meer as net verstrooiing is, iets het om oor te dra aan die leser, is dit tog seker die moeite werd om ook ander kulture se waardes en nukke en smake te ervaar deur middel van daardie kulture se voorste interpreteerders. Noem dit ‘cultural exchange’ (kulturele kruisbestuiwing?).”
Die kuns van vertaling
“’n Goeie vertaling is diensbaar aan die bronteks, én ’n teks op sy eie, waarby jy as ’n leser vergeet dat jy die konstruk volg van een subjektiewe interpretasie (want elke vertaler kom met ’n ander vertaling), en jou kan oorgee aan die idees, die taal, die beelde van die teks.”
Vertaling maak wêrelde aan lesers oop – van kinderboeke, fiksie, digkuns tot niefiksie. Die waarde van ’n vertaling lê in die vertaler se vermoë om ’n teks aan die doelteksleser oor te dra sodat dit moeiteloos en met die grootste plesier gelees kan word. Dit is daarom belangriker as ooit […]Read more »
PEN Afrikaans doen in 2024 ’n reeks onderhoude met vertalers van verskillende genres om meer van hulle liefde vir dié kuns te hoor. Die onderhoudreeks skop af met Kobus Geldenhuys, bekroonde kinderboekvertaler.