PEN Afrikaans kondig met trots op Vrouedag suksesvolle Vertaalfonds-aansoeke aan
PEN Afrikaans kondig met trots op Vrouedag die volgende lot suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aan. Dit is werke wat die perspektief en belewenis van vroue voorop stel en deur vertalings in Nederlands, Frans en Albanees ook uitvoerprodukte van die (Suid-)Afrikaanse letterkunde word.