Notule: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering

Verwelkoming
Mercy Kannemeyer verwelkom almal by PEN Afrikaans se AJV en bedank lede en ondersteuners vir hul teenwoordigheid.
Verskonings en vasstelling van ’n kworum
Catrina Wessels doen verslag aan die vergadering oor die lede wat teenwoordig is en dié wat via volmag sal deelneem. Die volgende lede is teenwoordig (alfabeties volgens voornaam):
- Annie Olivier
- Bernard Odendaal
- Bibi Burger
- Candice Jantjies
- Catrina Wessels
- Delana Fourie
- Erla Diedericks
- Heléne van der Westhuizen
- Irene Schoonwinkel
- Izak de Vries
- Marissa Fourie
- Mercy Kannemeyer
- Rita Swanepoel
- Shane van der Hoven
- Shawna-Leze Meiring
Volgens PEN Afrikaans se grondwet word ’n kworum bereik deur die teenwoordigheid van 40% van die stemgeregtigde lede óf 30 sulke lede (fisies of via volmag), watter een die kleinste sou wees.
PEN Afrikaans het tans 96 opbetaalde lede en ’n kworum is dus 30 lede.
Daar is 15 lede teenwoordig en ons het volmagte van 16 lede ontvang. Daar is dus ’n kworum by die vergadering verteenwoordig.
Die volgende lede het volmagvorms onderteken (alfabeties hier gelys):
- Aniel Botha
- Bibi Slippers
- Danie Marais
- Elodi Troskie
- Elsa Winckler
- Fiona van Kerwel
- Frederick Botha
- Irma Venter
- Lukas Kruger
- Marga Stoffer
- Margarethie Bredenkamp
- Martin Steyn
- Michèle Meyer
- Naomi Meyer
- Ruchelle Lombard
- Surene Esterhuizen
Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
Ter bevestiging van die volmagte:
- Izak de Vries sal namens Michèle Meyer en Fiona van Kerwel stem.
- Bibi Burger sal namens Elodi Troskie en Frederick Botha stem.
- Catrina Wessels sal namens die ander lede stem wat volmagte gestuur het.
Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op, en sake voortspruitend uit die notule
Die notule van ons vorige algemene jaarvergadering is vooraf aan lede gestuur en word goedgekeur. Bibi Burger stel aanvaarding daarvan voor en Bernard Odendaal sekondeer. Daar is geen sake uit die notule wat vandag verdere aandag verg nie.
Voorsittersverslag
Mercy Kannemeyer lewer haar verslag oor PEN Afrikaans se jaar. Sy dra o.a. gelukwensinge oor aan ’n lys van pryswenners in die letterkunde en joernalistiek en gee erkenning aan lede en skrywers wat ons sedert die afgelope AJV ontval het. Sy belig ook ’n aantal inisiatiewe en standpuntinnames van PEN Afrikaans in 2026. Haar verslag is hier beskikbaar.
Tesourier se verslag
Izak de Vries sit in sy verslag PEN Afrikaans se inkomste en uitgawes uiteen en meld die voortgesette finansiering van die PEN Afrikaans Vertaalfonds as ’n strategiese fokuspunt van die organisasie.
PEN Afrikaans se 2024-oudit is afgehandel ná ’n deeglike proses. Dit was ’n gekwalifiseerde oudit, wat altyd die geval is vir organisasies wat van skenkings afhanklik is. Alles was in orde. Die 2025-oudit is aan die gang.
Izak meld dat enige lid op versoek toegang tot die organisasie se finansiële state kan kry wanneer dit beskikbaar is. PEN Afrikaans se sake is vanaf die firma LDP oorgeskuif na die Ratio Group, wat tans verantwoordelik is vir ons jaarlikse oudit en ons maandelikse verpligtinge aan SARS.
Bestuurder se verslag
Catrina Wessels doen verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede oor die afgelope jaar en bedank die projekvennote wat met PEN Afrikaans kragte saamspan, TAKKE vir ruim finansiële ondersteuning en spesifiek ook ons lede en bestuur vir die goeie samewerking. Haar verslag is hier beskikbaar.
Stemming: Lewenslange lidmaatskap
Die vergadering het via ’n Zoom-peiling gestem oor die toekenning van lewenslange lidmaatskap aan dr Francis Galloway nadat Catrina Wessels ’n motivering daarvoor aan die vergadering voorgehou het. Die resultate van die verkiesing was na afloop van die stemming op die skerm sigbaar, en het aangedui dat die vergadering eenparig gestem het om sodanige erelidmaatskap aan Francis Galloway toe te ken.
Enige ander sake
Daar is geen ander sake nie en die vergadering verdaag.