Bestuur
PEN Afrikaans Bestuurder
Catrina Wessels
PEN Afrikaans Bestuur
Voorsitter: Bernard Odendaal
Ondervoorsitter: Jolyn Phillips
Tesourier: Izak de Vries
Ander bestuurslede:
Carolyn Meads
Danie Marais
Dibi Breytenbach
Fiona van Kerwel
Mercy Kannemeyer
Missie
Om ’n sentrum te vestig en in stand te hou vir Afrikaanse skrywers wêreldwyd.
Om vir Afrikaans en sy woordkunstenaars ’n vaste en gerespekteerde plek in die internasionale skrywersgemeenskap – soos verteenwoordig deur PEN International – te verwerf.
Om die belange van Afrikaans en spesifiek Afrikaanse publikasies te dien.
Om Afrikaanssprekendes orals in die wêreld, veral ook in Namibië, aan te moedig om deel te hê aan ons strewe.
Om ons op waardige wyse te beywer vir ’n vaste plek vir Afrikaans in Suid-Afrika.
Om die belange van woordkunstenaars te dien ten opsigte van wetgewing, kopiereg, en outeursregte; spesifiek om stelling in te neem teen alle vorme van sensuur.
Om geletterheid, belangstelling in die Afrikaanse boek en kreatiewe gebruik van Afrikaans op alle vlakke van die gemeenskap te bevorder.
Om mee te werk aan verwante inisiatiewe, insluitend noue samewerking en gedeelde projekte met South African PEN.
Lees meer oor PEN Afrikaans as organisasie
Uitnodiging na en agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 2 Oktober 2018
Hiermee word julle nogmaals hartlik uitgenooi na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2018.
‘n Nuwe bestuur & ‘n vakature vir ‘n nuwe bestuurder
‘n Nuwe bestuur; vakature: bestuurder van PEN Afrikaans
Algemene Jaarvergadering 2013: Notule
Notule van die tweede algemene vergadering van lede om 14:00 op Dinsdag, 24 September 2013, Potchefstroom.
Algemene Jaarvergadering 2013: Voorsittersverslag – Sonja Loots
“Om ’n rodeoperd soos PEN Afrikaans in sy eerste volle bestaansjaar aan die leisels te vat, verg pioniersgees.”
PEN-verklaring oor digitale vryheid
PEN erken die potensiaal van digitale media as ’n middel om die fundamentele reg op vrye meningsuiting te verwesenlik. Die […]
Eerste algemene ledevergadering van PEN Afrikaans 2012: Notule
Notule van eerste algemene vergadering van lede
Eerste algemene ledevergadering van PEN Afrikaans 2012: Voorsittersverslag – Fanie Olivier
“Dit is regtig lekker om die eerste voorsittersverslag van ons sentrum vandag hier te lewer.”
PEN Afrikaans se eerste algemene ledevergadering in 2012
PEN Afrikaans se eerste algemene ledevergadering is Saterdag 20 Oktober 2012 op Stellenbosch gehou. Kyk na foto’s.