Bestuur
PEN Afrikaans Bestuurder
Catrina Wessels
PEN Afrikaans Bestuur
Voorsitter: Bernard Odendaal
Ondervoorsitter: Jolyn Phillips
Tesourier: Izak de Vries
Ander bestuurslede:
Carolyn Meads
Danie Marais
Dibi Breytenbach
Fiona van Kerwel
Mercy Kannemeyer
Missie
Om ’n sentrum te vestig en in stand te hou vir Afrikaanse skrywers wêreldwyd.
Om vir Afrikaans en sy woordkunstenaars ’n vaste en gerespekteerde plek in die internasionale skrywersgemeenskap – soos verteenwoordig deur PEN International – te verwerf.
Om die belange van Afrikaans en spesifiek Afrikaanse publikasies te dien.
Om Afrikaanssprekendes orals in die wêreld, veral ook in Namibië, aan te moedig om deel te hê aan ons strewe.
Om ons op waardige wyse te beywer vir ’n vaste plek vir Afrikaans in Suid-Afrika.
Om die belange van woordkunstenaars te dien ten opsigte van wetgewing, kopiereg, en outeursregte; spesifiek om stelling in te neem teen alle vorme van sensuur.
Om geletterheid, belangstelling in die Afrikaanse boek en kreatiewe gebruik van Afrikaans op alle vlakke van die gemeenskap te bevorder.
Om mee te werk aan verwante inisiatiewe, insluitend noue samewerking en gedeelde projekte met South African PEN.
Lees meer oor PEN Afrikaans as organisasie
Algemene jaarvergadering 2020: Voorsittersverslag – Marga Stoffer
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 21 Oktober 2019 in aanlyn plaasgevind.
Algemene jaarvergadering 2020: Bestuurdersverslag – Catrina Wessels
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 21 Oktober 2020 aanlyn plaasgevind. Hier is die bestuurdersverslag.
Waarom by PEN Afrikaans aansluit of ’n betaalde lid bly? – Marga Stoffer
Ons wil graag hê dat soveel moontlik mense opbetaalde lede word, want hoe meer lede ons het, hoe meer relevant […]
Algemene jaarvergadering 2019: Notule
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September 2019 in die Wellington-biblioteek plaasgevind.
Algemene jaarvergadering 2019: Bestuurdersverslag – Catrina Wessels
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September 2019 in die Wellington-biblioteek plaasgevind. Hier is die bestuurdersverslag.
Algemene jaarvergadering 2019: Voorsittersverslag – Marga Stoffer
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 14 September 2019 in die Wellington-biblioteek plaasgevind.
PEN Afrikaans se bedrywighede in 2018 en vooruitsigte vir 2019 – Marga Stoffer
Boodskap van die voorsitter, Marga Stoffer
Algemene Jaarvergadering 2018: Notule
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, Dinsdag 2 Oktober 2018 om 19:00, ATKV-Boeke-oase (Hoffmanstraat 61), Potchefstroom
PEN Afrikaans AJV 2018: Voorsittersverslag – Marga Stoffer
“Ek hoop dat PEN Afrikaans dit toenemend sal regkry om die volle spektrum van Afrikaanse skrywers te verteenwoordig, dat ons […]
Internasionale PEN-kongres: 25–29 September in Pune, Indië – Fiona van Kerwel
Fiona van Kerwel en Catrina Wessels het PEN Afrikaans verteenwoordig by die internasionale PEN-kongres wat 25–29 September in Pune, Indië, […]