PEN Afrikaans het vanjaar, met die ondersteuning van PEN International, twee sessies by die Breytenbach Sentrum se Tuin van Digters aangebied.
Monthly Archives: October 2018
Oor: die Hertzogprys vir drama; Tuin van Digters 2018; terugvoer oor die 84ste Internasionale PEN-kongres; PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; boekstories uit Taalgenoot se Winter 2018-uitgawe; die kykNET-Rapport-boekpryse; Wat elke skrywer moet weet oor aanlyn outeursregskending; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in September; nuwe Afrikaanse boeke in Oktober.
Dit is vir my ’n groot plesier om hier te wees en om aan julle te kan verslag doen oor PEN Afrikaans se werksaamhede oor die afgelope jaar
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering, Dinsdag 2 Oktober 2018 om 19:00, ATKV-Boeke-oase (Hoffmanstraat 61), Potchefstroom
“Ek hoop dat PEN Afrikaans dit toenemend sal regkry om die volle spektrum van Afrikaanse skrywers te verteenwoordig, dat ons op ’n sinvolle wyse sal kan bydra tot die belange van alle Afrikaanse skrywers.”
Fiona van Kerwel en Catrina Wessels het PEN Afrikaans verteenwoordig by die internasionale PEN-kongres wat 25–29 September in Pune, Indië, plaasgevind het.
Corné Güldenpfennig, ’n prokureur wat in intellektuelegoederereg spesialiseer, vertel in hierdie artikel meer oor die gevare wat die aanlyn omgewing vir skrywers kan inhou.
“ConVerse beoog om gesprek aan te wakker oor poësie en dit wat in die verlede as die norm vir poësie voorgestel is. Gesprekke rondom veeltaligheid, vertaling en dit wat nie maklik vertaal kan word nie, word ook deur die bundel belig.”
ConVerse is ’n positiewe stap in die rigting van ’n meer kohesiewe samelewing.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.