PEN Afrikaans nooi ons lede, ondersteuners en ander belangstellendes om te kom luister na ons jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika. Marianne Thamm, die bekende joernalis, analis, skrywer en dramaturg, sal vanjaar se lesing lewer. Dit sal op Saterdag 1 November om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in […]Read more »
Monthly Archives: October 2025
Oor: Jaarverslae en ‘n nuwe bestuur: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2025; PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan; Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid; Wenners: ATKV-Woordveertjies 2025; Wenners: Netwerk24 kykNet Rapport-boekpryse en -resensiepryse 2025; ‘n Gesamentlike verklaring van PEN Afrikaans en PEN South Africa oor staatsbefondsing van kunstefeeste; Die 91ste internasionale PEN-kongres: ‘n Verslag deur Mercy Kannemeyer; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Oktober 2025.
Notule: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering gehou op 8 Oktober 2025 om 18:00 via Zoom
The arts festivals deserve the attention of Minister Gayton McKenzie, and we implore the minister to respond to their urgent call for a meeting to provide clarity on the way forward.
In ’n wêreld vol geweld, sensuur en onderdrukking, raak die rol en belang van ’n organisasie soos PEN al hoe belangriker. In ’n wêreld waarin empatie ontbreek, raak die rol van letterkunde al hoe belangriker.
Ons nooi julle om saam met ons te dink oor PEN Afrikaans se rol en potensiaal in hierdie land en in hierdie wêreld waarin ons leef.
Soos in vorige jare kan ek ook sê dat ons werksaamhede klaarblyklik iets is waarop PEN Afrikaans trots kan wees. Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, kon, soos verlede jaar, na aanleiding van ervarings by PEN International se jaarlikse hoofkongres, getuig van die kennelike agting wat PEN Afrikaans geniet by die hoofbestuur van dié organisasie asook by afgevaardigdes van ander PEN-sentra. Die komplimente wat sy en haar mede-afgevaardigde van PEN Afrikaans, Fiona van Kerwel, ontvang het, betref die sukses van projekte soos ons ondersteuning van inisiatiewe om Afrikaanse boeke in ander tale vertaal en gepubliseer te kry, Die Onsigbare Kind-projek (’n leesprojek waarvan Catrina en ons mede-bestuurslid Fiona van Kerwel aan die stuur van sake staan), en die verantwoordelike, stimulerende bestuur van ons PEN-sentrum.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die 91ste kongres van PEN International het vanjaar vanaf 2 – 5 September in Kraków, Pole plaasgevind. Onder die tema “Freedom of Words, Words of the Free” het afgevaardigdes van PEN-sentrums regoor die wêreld by die ICE Kraków Kongressentrum byeengekom vir vier dae van besprekings, beplanning, verkiesings, drome vir die […]Read more »
PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is. PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.








