Notule: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering gehou op 8 Oktober 2025 om 18:00 via Zoom

Verwelkoming
Bernard Odendaal verwelkom almal by PEN Afrikaans se AJV en bedank lede en ondersteuners vir hul teenwoordigheid.
Verskonings en vasstelling van ’n kworum
Catrina Wessels doen verslag aan die vergadering oor die lede wat teenwoordig is en dié wat via volmag sal deelneem. Die volgende lede is teenwoordig (alfabeties volgens voornaam):
- Annie Olivier
- Bernard Odendaal
- Candice Jantjies
- Carolyn Meads
- Catrina Wessels
- Danie Marais
- Delana Fourie
- Erla Diedericks
- Fiona van Kerwel
- Izak de Vries
- Margarethie Bredenkamp
- Marissa Fourie
- Mercy Kannemeyer
- Michèle Meyer
- Rita Swanepoel
- Ruchelle Lombard
- Ruhan Fourie
- Shande van der Hoven
- Shawna-Leze Meiring
- Tiaan Booyens
Volgens PEN Afrikaans se grondwet word ’n kworum bereik deur die teenwoordigheid van 40% van die stemgeregtigde lede óf 30 sulke lede (fisies of via volmag), watter een die kleinste sou wees.
PEN Afrikaans het tans 85 opbetaalde lede en ’n kworum is dus 30 lede.
Daar is 20 lede teenwoordig en ons het volmagte van 18 lede ontvang. Daar is dus ’n kworum by die vergadering verteenwoordig.
Die volgende lede het volmagvorms onderteken (alfabeties hier gelys):
- Andries Bezuidenhout
- Bibi Burger
- Carolyn Meads
- Clinton du Plessis
- Constant van Graan
- Elsa Winckler
- Fanie Viljoen
- Francis Galloway
- Francois Lötter
- Heléne van der Westhuizen
- Jaco Visser
- Marga Stoffer
- Margarethie Bredenkamp
- Martelize Faber
- Martin Steyn
- Naomi Meyer
- Rita Swanepoel
- Rudi Venter
Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
Ter bevestiging van die volmagte:
- Bernard Odendaal sal namens Francis Galloway, Rudi Venter en Clinton du Plessis stem.
- Izak de Vries sal namens Andries Bezuidenhout, Heléne van der Westhuizen, Martelize Faber, Naomi Meyer en Fanie Viljoen stem.
- Danie Marais sal namens Marga Stoffer stem.
- Catrina Wessels sal namens die ander lede stem wat volmagte gestuur het.
Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op, en sake voortspruitend uit die notule
Die notule van ons vorige algemene jaarvergadering is vooraf aan lede gestuur en word goedgekeur. Izak de Vries stel aanvaarding daarvan voor en Mercy Kannemeyer sekondeer. Sake voortspruitend daaruit word in vandag se sakelys ondervang.
Voorsittersverslag
Bernard Odendaal lewer sy verslag, waarin hy onder andere PEN Afrikaans se gelukwensinge oordra aan ’n lys van pryswenners in die letterkunde en joernalistiek en erkenning gee aan lede en skrywers wat ons sedert die afgelope AJV ontval het. Hy belig ook ’n aantal inisiatiewe en standpuntinnames van PEN Afrikaans in 2025. Sy verslag is hier beskikbaar.
Tesourier se verslag
Izak de Vries sit in sy verslag die breë trekke van PEN Afrikaans se inkomste en uitgawes uiteen. Hy meld dat enige lid op versoek toegang tot die organsisasie se finansiële state kan kry wanneer dit beskikbaar is. LDP, die firma wat tot dusver PEN Afrikaans bystaan met ons jaarlikse oudit en ons nakoming van maandelikse verpligtinge aan SARS, sal voortaan slegs op laasgenoemde fokus. Die firma Ratio Group sal ons jaarlikse oudit behartig.
Bestuurder se verslag
Catrina Wessels doen verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede oor die afgelope jaar en bedank die projekvennote wat met PEN Afrikaans kragte saamspan, TAKKE vir ruim finansiële ondersteuning en spesifiek ook ons lede en bestuur vir die goeie samewerking. Haar verslag is hier beskikbaar.
Stemming: Verkiesing van ’n nuwe bestuur
Die vergadering het via ’n Zoom-peiling die kandidate van hul keuse tot die bestuur van PEN Afrikaans verkies, sowel as die verkiesing van die nuwe voorsitter en ondervoorsitter behartig. Die resultate van die verkiesing was na afloop van die stemming op die skerm sigbaar, maar sal ná die vergadering nagegaan word om ook die volmagte in ag te neem. Die finale verkiesingsresultate sal na afloop van die vergadering bevestig en bekend gemaak word.
Enige ander sake
Daar is geen ander sake nie en die vergadering verdaag.