Die skrywers Ashwin Arendse, Crystal-Donna Roberts en Joha van Dyk is aan die woord in hierdie reeks video’s wat deur Gizela Conradie verfilm en geredigeer is. Hulle praat oor hul onderskeie skryfreise, die waarde van lees, van representasie in literatuur, en die krag van taal, spesifiek Afrikaans, as gereedskap in […]Read more »
Monthly Archives: June 2023
PEN Afrikaans nooi graag lede en belangstellendes uit om in te skryf vir ’n aanlyn resensiekursus.
Oor: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van boeke deur Nathan Trantraal en Fanie Viljoen; Die wêreld van die skrywer; Inskrywings ingewag: aanlyn resensiekursus; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2023.
Antjie Krog is aan die woord in die jongste artikel in ons artikelreeks #Diewêreldvandieskrywer: “Vertaling en vertalings is ’n dinamiese manier om dit wat buite jou lê, toe te laat om intens en genuanseerd die ‘ek’ te beïnvloed.”
PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende twee vertalings na afloop van die jongste ronde aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word […]
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Dibi Breytenbach beantwoord ons #VinnigeVrae vir Taalgenoot.