Oor skryf en lees: Ashwin Arendse, Crystal-Donna Roberts en Joha van Dyk

Die skrywers Ashwin Arendse, Crystal-Donna Roberts en Joha van Dyk is aan die woord in hierdie reeks video’s wat deur Gizela Conradie verfilm en geredigeer is. Hulle praat oor hul onderskeie skryfreise, die waarde van lees, van representasie in literatuur, en die krag van taal, spesifiek Afrikaans, as gereedskap in ’n skrywer se arsenaal.

Aan die einde van Jeugmaand, en verder, is dit belangrik dat jong skrywers en lesers kan sien en hoor watter wêrelde deur skryf en lees kan oopgaan. Kyk en deel gerus.