PEN Afrikaans betreur verskeie sentimente vervat in prof. Hennie van Coller se veelbesproke rubriek van 7 Mei 2022, “’Gewone mense’ word al hoe meer randfigure”. Daarin het hy skerp kritiek gelewer op die, volgens hom, oordrewe voorkoms van “maatskaplike probleme” en “randfigure” in kinder- en jeugliteratuur. Daar is intussen wyd […]Read more »
Yearly Archives: 2022
Oor: Radiovoorlesings van top-3 wenverhale: Toegang; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Poësie uit Oekraïne: ‘n oorsig en ‘n gedig in Afrikaanse vertaling; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
“Vra my waffer soort skrywer ek is en ek sê vir jou ek is een wat ly aan kleptomanie. Vra my hoe my skryfproses begin en ek sê vir jou dit begin by in die Noord-Kaap afluister.”
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende vertalings deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: ’n Arabiese vertaling van 𝘒𝘳𝘪𝘯𝘨𝘦 𝘪𝘯 ’𝘯 𝘣𝘰𝘴 deur Dalene Matthee en ’n Albanese vertaling van 𝘔𝘪𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘯𝘪𝘬𝘴 deur Irma Venter.
Oor: Wenverhale: Toegang; PEN Afrikaans se verklaring oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument; Rufus Gouws ontvang die Jan H Maraisprys; Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg seil voort; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Junie.
Eerste prys: “Die rooi tekkies” deur Hendie Grobbelaar Luister hier na die voorlesing op RSG se Kortom. Oor die skrywer Hendie Grobbelaar is ’n vryskut kommunikasie- en skakelwesekonsultant, woonagtig in Gouritsmond, Wes-Kaap. In 2015 begin sy fiksie skryf en publiseer ’n paar stories in Vrouekeur, LitNet en as deel van […]Read more »
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans is trots om die wenners van ons kortverhaalkompetisie met “toegang” as tema te kan bekend maak.
Audrey Jantjies beantwoord ons #VinnigeVrae vir Taalgenoot.









