Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Yearly Archives: 2021
Oor: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertaling van Ons wag op die kaptein deur Elsa Joubert; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Jongste verwikkelinge: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; PEN Afrikaans en LitNet Gespreksreeks: Max du Preez; Welkom aan nuwe lede; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2021.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
“[Ek] kan wieke spandeer omme enkele karakterprofiel te skep. Baie vannie inligting wattie karakters aan my reveal, verskyn ie innie finale teks nie, maa die oefening is steeds baie handig ommie karakters se stemme te vind.”
Jaco Fouché beantwoord ons #VinnigeVrae vir Taalgenoot.
Kort voor die eenjaar-herdenking van die afsterwe van Elsa Joubert, een van Afrikaans se grootste skrywers, kondig PEN Afrikaans met trots aan dat ’n Nederlandse vertaling van Ons wag op die kaptein deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds sal word.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Oor: Bydraes oor taal en taalbeleid by die Universiteit Stellenbosch; Wêreldboeke- en kopieregdag en onregmatige verspreiding van e-boeke; Suksesvolle aansoekers: Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021; Aansoeke ingewag: PEN Afrikaans Vertaalfonds; Welkom aan nuwe lede; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2021.
Vrydag, 23 April, is Wêreldboeke- en kopieregdag. Dit is ’n UNESCO-inisiatief wat gemik is op die viering en bevordering van boeke en die kopiereg wat dit onderlê.
Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die maandlange skrywersresidensie wat dié twee organisasies weer vanjaar aanbied.









