Persverklarings

Persverklarings soos uitgereik deur PEN Afrikaans

PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp

PEN Afrikaans het met hartseer verneem dat Naas Steenkamp, een van ons stigterslede, gisteroggend oorlede is. Naas Steenkamp was saam met John Miles, Fanie Olivier en Kerneels Breytenbach die dryfkrag agter die stigting van PEN Afrikaans in 2012.

Afrikaanse boeke in Nederland

PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.