Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

Nuusbrief: Desember 2025

Oor: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026 toegeken; Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; ’n Verklaring oor Kindle Translate; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Desember 2025.

Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop

PEN is ’n internasionale organisasie wat skrywers se regte wêreldwyd beskerm en bevorder. Met die PEN dit neer-residensieprogram nooi die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa skrywers en digters met geldige PEN-lidmaatskappe om aansoek te doen vir hierdie skrywersresidensie wat onverstoorde skryftyd in die kreatiewe en inspirerende ruimte van Paulet Huis waarborg. […]

Nuusbrief: November 2025

Oor: Ingrid Jonker se fisieke argief terug in Suid-Afrika; Woordtrofees-wenners vir 2025 bekend; Kyk: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in November 2025.

KYK: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

Marianne Thamm, die veteraanjoernalis, skrywer en dramaturg, het op 1 November 2025 PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid gelewer. Kyk gerus die lesing hier: Ons hartlike dank aan Marianne Thamm, aan die Breytenbach Sentrum, waar hierdie openbare lesing plaasgevind het, en aan André Terblanché vir die opname en die tegniese versorging daarvan. […]

Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

PEN Afrikaans nooi ons lede, ondersteuners en ander belangstellendes om te kom luister na ons jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid in Suid-Afrika. Marianne Thamm, die bekende joernalis, analis, skrywer en dramaturg, sal vanjaar se lesing lewer. Dit sal op Saterdag 1 November om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.  Die lesing vorm […]

Nuusbrief: Oktober 2025

Oor: Jaarverslae en ‘n nuwe bestuur: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2025; PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan; Uitnodiging: Marianne Thamm lewer PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid; Wenners: ATKV-Woordveertjies 2025; Wenners: Netwerk24 kykNet Rapport-boekpryse en -resensiepryse 2025; ‘n Gesamentlike verklaring van PEN Afrikaans en PEN South Africa oor staatsbefondsing van kunstefeeste; Die 91ste internasionale PEN-kongres: ‘n Verslag deur Mercy Kannemeyer; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Oktober 2025.