Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop

PEN is ’n internasionale organisasie wat skrywers se regte wêreldwyd beskerm en bevorder. Met die PEN dit neer-residensieprogram nooi die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa skrywers en digters met geldige PEN-lidmaatskappe om aansoek te doen vir hierdie skrywersresidensie wat onverstoorde skryftyd in die kreatiewe en inspirerende ruimte van Paulet Huis waarborg.

Jaarliks word PEN-skrywers van elders ook in KwaNojoli verwelkom, wat bydra tot die besonderse dinamika van die groep skrywers onder een dak.

Ten tyde van die aansoek is die lidmaatskap nie verpligtend nie, maar dit sal van die skrywer verwag word om ’n lid te word indien hy/sy goedgekeur word. Skryf asseblief aan penafrikaans@gmail.com om meer te wete te kom oor wat so ’n lidmaatskap inhou en wat die proses behels.

Datums vir 2026

Sluitingsdatum: 30 Januarie 2026

Aankondiging: 27 Februarie 2026

Residensie: 20 April tot 10 Mei 2026

Doen hier aansoek: https://jgf.org.za/af/residensies/#PENditNeer