Notule: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering gehou op Saterdag 16 November 2024 om 12:30 te SASNEV, Pinelands

Verwelkoming
Bernard Odendaal verwelkom almal by PEN Afrikaans se AJV en bedank lede en ondersteuners vir hul teenwoordigheid.
Verskonings en vasstelling van ’n kworum
Catrina Wessels doen verslag aan die vergadering oor die lede wat teenwoordig is en dié wat via volmag sal deelneem. Die volgende lede is fisies teenwoordig (alfabeties volgens voornaam):
- Bernard Odendaal
- Carolyn Meads
- Catrina Wessels
- Conrad Steenkamp
- Estelle Cyster (Skrywersnaam: Skylar Darrigan)
- Fiona van Kerwel
- Izak de Vries
- Jan-Hendrik Swanepoel
- Lynthia Julius
- Rita Swanepoel
Volgens PEN Afrikaans se grondwet word ’n kworum bereik deur die teenwoordigheid van 40% van die stemgeregtigde lede óf 30 sulke lede (fisies of via volmag), watter een die kleinste sou wees.
PEN Afrikaans het tans 84 opbetaalde lede en ’n kworum is dus 30 lede.
Daar is 10 lede teenwoordig en ons het volmagte van 23 lede ontvang. Daar is dus ’n kworum by die vergadering verteenwoordig.
Die volgende lede het volmagvorms onderteken (alfabeties hier gelys):
- Andries Visagie
- Annie Olivier
- Anzil Kulsen
- Bibi Slippers
- Danie Marais
- Dibi Breytenbach
- Elodi Troskie
- Elsa Winckler
- Franci Greyling
- Francois Lotter
- Jaco Fouché
- Japie Gouws
- Joan Hambidge
- Jolyn Phillips
- Louis Esterhuizen
- Margarethie Bredenkamp
- Mercy Kannemeyer
- Naomi Meyer
- Pieter Odendaal
- Ruchelle Lombard
- Sarie Marais-Nell
- Theo Kemp
- Willem Anker
Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem
Ter bevestiging van die volmagte:
- Bernard Odendaal sal namens Japie Gouws, Louis Esterhuizen en Franci Greyling stem.
- Izak de Vries sal namens Dibi Breytenbach, Sarie Marais-Nell en Jolyn Phillips stem.
- Lynthia Julius sal namens Pieter Odendaal stem.
- Catrina Wessels sal namens die ander lede stem wat volmagte gestuur het.
Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op 19 Oktober 2023 via Zoom, en sake voortspruitend uit die notule
Die notule vir die AJV gehou op 16 Oktober 2023 is aanlyn beskikbaar en saam met vandag se sakelys vooraf aan lede per e-pos gestuur. Bernard meld dat die Afrikaanse Gedigtedag wat by die vorige jaarvergadering bespreek is steeds ’n fokuspunt van die organisasie bly, maar gegewe die skryfkompetisies en ander bedrywighede van 2024 sal dit in ’n volgende jaar aandag kry. Daar is geen ander sake voortspruitend uit die notule nie en die notule word goedgekeur.
Voorsittersverslag
Bernard Odendaal lewer sy verslag, waarin hy onder andere PEN Afrikaans se gelukwensinge oordra aan ’n lys van pryswenners in die letterkunde en joernalistiek en erkenning gee aan lede en skrywers wat ons sedert die afgelope AJV ontval het. Hy belig ook ’n aantal inisiatiewe en standpuntinnames van PEN Afrikaans in 2024. Sy verslag is hier beskikbaar.
Tesourier se verslag
Izak de Vries sit in sy verslag die breë trekke van PEN Afrikaans se inkomste en uitgawes uiteen. Die organisasie is in ’n gesonde finansiële posisie. Die ouditproses is tans aan die gang en is ’n baie deeglike proses. Izak meld dat enige lid op versoek toegang tot die organsisasie se finansiële state kan kry wanneer dit beskikbaar is.
Bestuurder se verslag
Catrina Wessels doen verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede oor die afgelope jaar en bedank die projekvennote wat met PEN Afrikaans kragte saamspan, TAKKE vir ruim finansiële ondersteuning en spesifiek ook ons lede en bestuur vir die goeie samewerking. Haar verslag is hier beskikbaar.
Stemming oor voorstelle ontvang rakende lidmaatskapkategorieë
Die vergadering stem per anonieme stembrief oor die volgende sake:
- Die moontlike instel van ’n lidmaatskapkategorie vir regspersone om lid van PEN Afrikaans te word;
- Die moontlikheid dat afgetredenes geen of ’n verlaagde jaarlikse ledefooi kan betaal.
Nie een van hierdie voorstelle kry die meerderheidstem van die vergadering nie. Die voorstelle word nie ingestem nie.
Enige ander sake
- Die vergadering bespreek die belangrikheid daarvan om jonger lede te betrek en stel voor dat bestaande lede die keuse kan hê om ’n ekstra persoon se ledegeld te betaal om sodoende ’n jong, opkomende skrywer se ledegeld te borg. Hierdie punt is een vir verdere bespreking deur die bestuur en terugvoer aan lede.
- Conrad Steenkamp vertel dat die Afrikaanse Taalraad ’n taal- en onderwysinsiatief in Macassar fasiliteer. Dit is ’n loodsprojek wat ’n model vir taal- en onderwysondersteuning toets. Die ATR werk saam met ander Afrikaanse NRO’s om die nodige dienste en ondersteuning te bied. Daar is vir PEN Afrikaans geleentheid om hierby betrokke te raak.