![]() |
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Notule en verslae: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering Baie dankie vir die goeie deelname tydens ons algemene jaarvergadering. Dit was ’n plesier om saam te kan terugkyk op die jaar en saam te kan vorentoe kyk. Fiona van Kerwel het byvoorbeeld meer vertel oor “Die onsigbare kind”, ’n projek wat ons beoog om met PEN International se finansiële ondersteuning in 2023 aan te pak. Klik vir: die notule van die vergadering; die voorsittersverslag; die bestuurdersverslag. Poësie uit Oekraïne ![]() Kateryna Mikhalitsina is ’n bekroonde Oekraïense skrywer van kinderboeke en digbundels, ook werksaam as literêre vertaler en redakteur, rubriekskrywer en skilder. Haar gedigte is al vertaal in Pools, Belorussies, Armeens, Sweeds, Duits, Engels en Litous. Sy is woonagtig in Lviv saam met haar lewensmaat, hul drie kinders en twee aangenome honde. Sedert die uitbreek van die oorlog wat tans in Oekraïne woed, is Mikhalitsina werksaam as diensvrywilliger, onder meer gemoeid met die verspreiding en vervoer van mediese voorrade na die front. Lees gerus in dié verband op PEN Ukraine Mikhalitsina en ander Oekraïense skrywers se merkwaardige verhale van opoffering: https://pen.org.ua/slovom-i-dilom-istorii-10-pismennikiv-volonteriv Die twee gedigte met Afrikaanse vertalings wat ondertoe verskyn, is goedgunstiglik deur die digter verskaf, en tot dusver ongepubliseer. Toestemming is ook verleen om die oorspronklike Oekraïense tekste saam met die Afrikaanse vertalings te plaas. Die vertalings is direk uit Oekraïens. Die eerste gedig “Ek is – ’n teiken” sentreer om ’n interessante sielkundige verskynsel van self-vervreemding wat tydens die oorlog ervaar word. Die intense emosionele belewing en versnelde gedagtegang veroorsaak dat, soos mense dit dikwels beskryf, “jy ’n vreemdeling word vir jouself”. Soos die gedig toon, is die “self-as-objek” broos en weerloos, maar nogtans nie ongeneë tot ydelheid nie. Dis egter wanneer vrees en ondraaglike emosionele pyn ervaar word dat die wil om te oorleef as ’n belangrike funksie van hierdie selfvervreemdende afstomping duidelik word. Ek is – ’n teiken. Ek is – ’n teiken. Van porselein, wit. Skoongewas vanoggend tot die kleinste deeltjie van my lyf. Geklee vanoggend in alles wat feestelik is: gunstelingtekkies, geblomde rok, gesig gegrimeer. Dun oorjassie oor skerp, onlangse skouers. Ek is – ’n teiken. Ek is – ’n teiken. Mooi dinge pas my goed. Paspoort in die linkersak, foto’s van geliefdes – in die regter. My parfuum is op. En ek sal my grys hare met kruie geur, my uitgedroogde lentevel. Ek is – ’n teiken, en teikens huil nie. En kla nie uit wanhoop nie. En kla, eintlik, heeltemal nie. En beskuldig niemand nie. Nie wanneer hulle in die bomskuilings sit nie. Nie wanneer dit op hulle neerreën nie. Ek is – ’n teiken. Wanneer die hemel brand en verbleek, is ek – ’n teiken. Ek staan in die ry vir dood of vir brood. я – мішень. я – мішень. порцелянова, біла. вимита нині уранці до найдрібнішого клаптика тіла. вбрана нині уранці в усе празникове: кеди улюблені, сукня в квітки, кольорова. тонке пальтечко на гострі знедавна плечі. я – мішень. я – мішень. мені личать красиві речі. паспорт в лівій кишені, фото родини – у правій. парфуми уже скінчились. та я м’ятою доприправлю посивіле своє волосся, перешерхлу весняну шкіру. я – мішень, а мішені не плачуть. і не скаржаться на зневіру. і не скаржаться, власне, зовсім. і нікому не дорікають. ні тоді, як сидять у льосі. ні тоді, коли їм доприлітає. я – мішень. коли небо горить і блідне, я – мішень. я стаю у чергу за смертю або за хлібом. *** Die tweede gedig handel oor die verplasing van Oekraïeners tydens die oorlog: binnelandse vlugtelinge, soldate wat gevange geneem word, en ook burgerlikes wat ontvoer en na Rusland geneem word, dikwels na afgeleë streke in die ooste daarvan. Maar daar is ’n dieper betekenislaag: dié van ’n Oekraïense identiteit wat aangeval word, en ‘opgeskort’ is, terwýl vir die voortbestaan daarvan geveg word. […] Ons gee ons kinders Europese name. Ons begrawe ons eie, Oerslawiese name diep in motanka-poppe, sit hulle onder ’n babakombers en vra om nie te vergeet nie, totdat Mamma en Pappa terugkom van Kolyma, Sandarmokh, die besette Krim, of Azovstaal. Per slot van sake weet niemand of met dié paaie, die grondpaaie tussen die berge en oor die steppe, tussen Kamjana Mahyla en Hoverla, iemand so maklik sal kan terugkeer nie. Landmyne. Struikeldraad. Plaaslike gevegte. Aviasie. Nou is ons soos pakkies – niemand weet of ons gaan arriveer en in watter toestand nie. En tog gee ons ons kinders Europese name, leer hulle om te luister wanneer die sirenes begin loei en ophou, en fluister wiegeliedjies in die oor van ’n kreupel ooievaar wat elke jaar terugkeer na sy verweerde nes op die rand van die dorp en kakel: lioelie-lioelie, lioelesjikoe, ek kook vir jou koelesjikoe – ’n lepelvol vir Andrei, ’n lepelvol vir Jawdokh, vir Sofia en Stefania, vir Karpo en Kyrylo, vir “Kalyna” en “Ptakha”, vir almal wie se name jy sal ken eendag as jy groot is […] називаємо дітей європейськими іменами. ховаємо свої, праслов’янські, у глиб ляльок-мотанок, кладемо під сповивальну ковдру і просимо не забувати, поки мама і тато повернуться з Колими, Сандармоха, окупованого Криму чи Азовсталі. зрештою, ніхто ж і не знає, чи з дороги, простої дороги поміж горами і степом, поміж Говерлою і Кам’яною могилою, теж можна просто так повернутися. міни. розтяжки. місцеві срачі. авіація. ми тепер як посилки – ніколи не знаєш, чи дійдуть і в якій комплектації. і все ж, ми називаємо своїх дітей європейськими іменами, вчимо наслухати прибій і відбій сирени, і нашіптуємо колискові на вухо кульгавому лелеці, який щороку вертається до свого пошарпаного гнізда на околиці і клекоче: люлі-люлі, люлешику, зварю тобі кулешику – ложку за Андрія, ложку за Явдоху, за Софію і Стефанію, за Карпа і Кирила, за “Калину” і “Пташку”, за всіх, чиї імена ти знатимеш, коли виростеш *** Toeligting Motanka-poppe is tradisionele Oekraïense lappoppe Kolyma – streek in die ooste van Rusland wat berug was vir Stalin se goelagte (arbeiderskampe). Sandarmokh – ’n woud in die Republiek van Karelia (streek in noordwes Rusland wat grens aan Finland). Tydens Stalin se terreurveldtog is duisende ‘vyande van die staat’ hier vermoor en in massagrafte begrawe tussen 1937 en 1938. Azovstaal – die staalfabriek in Mariupol waar Oekraïense soldate en burgerlikes weke lank deur Russiese magte vasgekeer is. Kamjana Mahyla – ’n argeologiese terrein naby Melitopol, uit die Paleolitiese tydperk. Daar word gereken dat dit moontlik ’n begraafplek was, of waar godsdienstig-rituele uitgevoer is. Hoverla – hoogste berg in Oekraïne, geleë in die Karpatiese bergreeks. Koelesjikoe – van ‘koelesj’, ’n dik Oekraïense sop met graan, vleis en groente. Die laaste twee vermelde name in die tweede gedig is in aanhalingstekens omdat hulle nie gewone name is nie. “Kalyna” is ’n struiknaam, en “Ptakha” beteken “voël”; dis kodename van die soort wat soldate en vegvlieëniers gebruik. PEN International loods skarebefondsingsinisiatief Vir die eerste keer ooit het PEN International onlangs ’n skarebefondsingsveldtog van stapel gestuur wat ons graag hiermee onder julle aandag bring vir geval julle tot hierdie belangrike saak wil bydra. Deel dit asseblief wyd. ![]() Today, I write to ask you to help PEN International take urgent action in support of writers at risk. PEN International launches its first GoFundMe crowdfunding appeal for writers at risk – in response to an increase in people turning to us for help, a worsening of the situation for writers all over the world, and a need to find additional support. Today, more than ever before, we urgently need additional donations to safeguard our mission, to help those who are persecuted, silenced, in prison, or in exile; and to defend freedom of expression, which across the world is under serious threat. SUPPORT OUR GOFUNDME CAMPAIGN This year and last, we worked around the clock to provide emergency assistance to writers at risk and their dependents, bringing more than 100 people to safety in host countries. Our small team works tirelessly on complex and urgent cases, in countries whose governments seek to silence dissent and kill free expression. Will you help support writers at risk today and defend freedom of expression? YES, I’LL SUPPORT WRITERS AT RISK Thank you. In solidarity, ![]() Romana Cacchioli Executive Director Crowdfunding campaigns do 5x better if supporters share with their friends and family. Please, share the campaign today: SHARE NOW Wenners van die 2022 Woordtrofee-toekennings aangekondig ![]() Die wenners van die 2022 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 10 November by ’n geleentheid by Johannesdal 1207 bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld. Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen, Rafiek Mammon, Jill Markram, Gary Naidoo, Jennie Reznek, Francois Tredoux, Naudé van der Merwe, Robin van Wyk en Maria Vos. “Die eerste in-persoon Woordfees sedert 2020 het,” volgens Mitchell, “groot én intieme werk op die planke gehad; werk wat tot trane geroer het en werk wat jou uit jou maag laat lag het – ’n onvergeetlike uitdrukking van daardie onbreekbare band tussen die uitvoerende kunste en ons geleefde ervarings. Hoewel die fees vanjaar kleiner was, was dit geen minder van ’n uitdaging vir paneellede om op die benoemings in die onderskeie kategorieë ooreen te kom nie. Produksiestandaarde was hoog en die kompetisie straf tussen werke wat ’n verskeidenheid onderwerpe en kwessies met groot sensitiwiteit en opwindende kreatiwiteit aangepak het.” Baie geluk aan die wenners van die Woordtrofees. Ons deel hier die wenners van die boek- en tekspryse, maar klik gerus hier vir die volledige persverklaring. Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë: Topverkoper: Niefiksie TJ Strydom – Koos Bekker’s Billions Topverkoper: Leefstyl Louis Jansen van Vuuren & Isabella Niehaus – Daar’s ’n vegan op my verandah Topverkoper: Poësie Antjie Krog – Plunder Topverkoper: Fiksie Irma Venter – Die verkeerde vrou Toneel Beste debuutteks Jason Jacobs – Kraal Aansoeke ingewag: Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs ![]() Die Universiteit van Wes-Kaapland het onlangs aangekondig dat aansoeke ingewag word vir die sewende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Hierdie beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ’n belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ’n jaar lank te fokus op ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees. Die beurs beloop R475 000. Dit word toegeken in die gees van Jan Rabie en Marjorie Wallace se werk en strewe ten opsigte van Afrikaans as die taal van ’n breë gemeenskap. Elke aansoek moet vergesel word van ’n motiverende dekbrief, volledige CV, ’n eksemplaar van onlangse werk, ’n deeglike projekvoorstel met ’n werkplan en beoogde teikendatums asook enige ander toepaslike inligting. Die dekbrief moet onder meer kortliks die aansoeker se rekord as skrywer uiteensit. Aansoekers moet ook ’n aanduiding gee van reëlings wat getref sal word om vir die periode van die beurs voldoende tyd aan die beoogde manuskrip af te staan. Daar sal met die beurshouer onderhandel word om in die loop van die jaar op paslike wyse deel te neem aan konferensies, seminare, en/of die openbare lesingreeks van die Universiteit. Aansoeke sluit 28 November. Klik hier vir volledige inligting. Lees gerus ook hier ’n onderhoud met Steward van Wyk. Maandelikse resensie-oorsig ![]() Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak. Nuwe Afrikaanse boeke in November 2022 Baie geluk aan ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rakke het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word. Ten slotte: Baie welkom aan Elsabé Welman wat onlangs as lid by ons aangesluit het. Vriendelike groete Catrina Wessels Bestuurder: PEN Afrikaans |