Projekte

PEN Afrikaans se projekte. Klik hier vir ‘n oorsig.

Die verleiding en verskrikking van Substack – Marita van der Vyver

Soos ’n ander Substack-skrywer dit gestel het, dis soos om weekliks stoksielalleen ’n outydse dorpskoerant uit te gee. Jy is redakteur, verslaggewer, sub, fotograaf, bladuitlegkunstenaar, bemarker, alles waaraan jy kan dink, op eie houtjie. ’n Vreesaanjaende, onweerstaanbare uitdaging vir ’n skrywer wat as joernalis opgelei is en lank gelede by ’n outydse papierkoerant gewerk het.

Aansoeke vir die PEN dit neer-residensie 2026 is nou oop

PEN is ’n internasionale organisasie wat skrywers se regte wêreldwyd beskerm en bevorder. Met die PEN dit neer-residensieprogram nooi die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa skrywers en digters met geldige PEN-lidmaatskappe om aansoek te doen vir hierdie skrywersresidensie wat onverstoorde skryftyd in die kreatiewe en inspirerende ruimte van Paulet Huis waarborg. […]