Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun vertalings van werk deur Antjie Krog, Etienne van Heerden en Constant van Graan

PEN Afrikaans maak met trots bekend dat, na afloop van die jongste lot aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, die volgende drie vertalings van Afrikaanse werke vertaalsubsidies sal ontvang: Die toonaangewende literêre uitgewery De Arbeiderspers verwelkom vanjaar vir Antjie Krog, een van ons land se mees gevierde skrywers, tot hul publikasielys. ’n Nederlandse vertaling van […]

Nuusbrief: Mei 2025

Oor: Suksesvolle aansoekers: PEN dit neer-skrywersresidensie; Oproep om finansiële bydraes tot regskoste: Konstitusionele Hof hoor die saak oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg op 21 – 22 Mei aan; PEN International se Young Writers Committee is geloods; Wenners van Akademiepryse 2025 aangekondig; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2025.

Nuusbrief: April 2025

Oor: Aankondiging van wenners: Kyk hoe ver het ons gekom; In memoriam: Johann de Lange; Die wêreld van die skrywer: artikelreeks; Die stories van Afrikaans, Kortlyste aangekondig: Akademiepryse 2025; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in April 2025.

Nuusbrief: Maart 2025

Oor: Gekeurde inskrywings: Kyk hoe ver het ons gekom; PEN dit neer: Aansoeke vir skrywersresidensie ingewag; Die wêreld van die skrywer: artikelreeks; Jakes Gerwel-gespreksreeks by Suidoosterfees; Rus in vrede, Crystal-Donna Roberts (1984 – 2025); Fakture en moontlike borgskap van ledegeld; Skryf teen 1 April vir tiende Woordfeeskortverhaalkompetisie; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2025.