Nuusbrief

PEN Afrikaans se gratis maandelikse nuusbrief

Nuusbrief: Junie 2018

Oor: suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; kykNET loods GRAPKAS; nuwe sluitingsdatum vir internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: die reg op privaatheid; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie.

Nuusbrief: Mei 2018

Oor: Persvryheiddag; Uitnodiging om deel te neem aan internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: publikasie-ooreenkomste en laster; Aansoeke ingewag by PEN Afrikaans Vertaalfonds; Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei.

Nuusbrief: April 2018

Oor: feeste berig oor sukses; Afrikaans, Nederlands en die Vertaalengel 2018; benoemings ingewag vir Neville Alexander-prestige-eerbewyse; wenners aangekondig: UJ-pryse en NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd; Wat Elke Skrywer Moet Weet: skrywerskontrakte; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Maart; nuwe Afrikaanse boeke in April.

Nuusbrief: Maart 2018

Oor: Internasionale Moedertaaldag; ’n nuwe konseptaalbeleid vir hoër onderwys; terugvoer oor die Kopieregalliansie se beraad; inhoud uit Taalgenoot se Lente 2017-uitgawe; spesiale PharosAanlyn-aanbod verstryk binnekort; Wat Elke Skrywer Moet Weet: artikel oor vererwing van kopiereg; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Februarie; nuwe Afrikaanse boeke in Maart.

Nuusbrief: Februarie 2018

Oor: PEN Internasionaal-werkswinkel in Malawi; ’n nuwe artikelreeks; goeie nuus oor die kykNET-Rapport-boekpryse; kunstenaarsbeurse vir bywoning van die US Woordfees; ’n spesiale PharosAanlyn-aanbod vir opbetaalde lede van PEN Afrikaans; belangrike inligting oor ’n kopiereg-saamtrek in die noorde; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Januarie; nuwe Afrikaanse boeke in Februarie.

Nuusbrief: Desember 2017

Oor: eerste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; benoemings vir die Jan H Marais-prys; wenners van die Sanlamprys vir Jeuglektuur en SALA-toekennings; Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs aan Nathan Trantraal; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in November; nuwe Afrikaanse boeke in Desember.

Nuusbrief: November 2017

Oor: PEN Afrikaans se nuwe bestuurder; die SSA eis dat Jacques Pauw se onthullende nuwe boek van die mark onttrek word; eerste aansoeke vir die PEN Afrikaans Vertaalfonds word ingewag; die Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Oktober; nuwe Afrikaanse boeke in November.

Nuusbrief: Oktober 2017

Oor: vakature: bestuurder van PEN Afrikaans; die notule van ons AJV 2017 in Wellington en die verslae wat daar gelewer is; PEN Afrikaans se nuwe bestuur; resensiekursus in samewerking met Netwerk24 en NB-Uitgewers; wenners van die 2017 kykNET-Rapport-boekpryse; in memoriam: Ryk Hattingh; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in September; nuwe Afrikaanse boeke in Oktober.

Nuusbrief: September 2017

Oor: belangrike reëlings vir PEN Afrikaans se AJV op 16 September; volmagte en nominasies vir nuwe bestuurslede van PEN Afrikaans; ledegeld vir 2017 en uitstaande kwitansies; die Tuin van Digters-fees op Wellington; internasionale blootstelling vir PEN Afrikaans se Trippel-7-projek; finaliste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-kompetisie; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September.

Nuusbrief: Augustus 2017

Oor: nog ‘n boekbonanza met die komplimente van Taalgenoot; die PEN Afrikaans Vertaalfonds – Engelse reglement en ‘n onderhoud met Marga Stoffer; AVBOB ondersteun die digkuns in al elf landstale met ‘n poësiekompetisie; verdere verwikkelinge rondom die kommerwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Universiteit Stellenbosch op 14 Augustus in die hof oor sy taalbeleid; ledegeld en PEN Afrikaans se AJV op 16 September tydens die Tuin van Digters-fees op Wellington; kortlyste vir die kykNET-Rapport Boekpryse en die Jan Rabie-Rapport Prys; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Julie; nuwe Afrikaanse boeke in Augustus.