Fondse en hulpbronne wat daarvoor geoormerk sou word, sou sekerlik beter aangewend kon word deur die bied van konkrete ondersteuning aan kuns- en kultuurbedrywighede in Suid-Afrika, deur byvoorbeeld meer kulturele geleenthede te laat plaasvind, oral in die land, ook by die ATM, en in alle inheemse tale.
Monthly Archives: May 2022
4 posts
Oor: Wenverhale: Toegang; Suksesvolle aansoekers vir skrywersresidensie aangekondig; PEN Afrikaans se verklaring oor die afskaling van aktualiteitsdekking op RSG; Pryswenners: UJ-pryse en Akademiepryse; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Mei; Nuwe lede.
As ’n openbare uitsaaier het RSG ’n unieke en belangrike mandaat in diens van die publiek, en daardie mandaat behoort met erns en omsigtigheid benader te word. RSG se bydraers, aanbieders en luisteraars verdien dit.
Die Jakes Gerwel Stigting en vennote PEN Afrikaans, PEN Nederland en PEN South Africa is trots om die name bekend te maak van die gekose drie digters en drie skrywers wat hul gesogte skrywersresidensie vanjaar sal bywoon.