Nuus

PEN Afrikaans se jongste nuus

Nuusbrief: Maart 2026

Oor die plaaslike kunste- en medialandskap; Ses skrywers is gekies vir die 2026 PEN dit neer-residensieprogram; Inskrywings ingewag: Toyota Stellenbosch Woordfees-kortverhaalkompetisie; Die kuns van vertaling: ’n artikelreeks; Fakture vir ledegeld en welkom aan nuwe lede; Uitnodiging na die Afrika-streekvergadering van PEN International se komitee vir jong skrywers; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2026.

Die vertaler in die klaskamer – Maret Blom de Wet

Die vertaler bemiddelaar in die klaskamer Die vertaler word dikwels voorgestel as iemand wat tussen tale werk, en wat betekenis van een taalstelsel na ’n ander oordra. Tog is vertaling in die klaskamer baie minder beperk. Dit neem vorm aan in verduidelikings, in terugvoer, in die herformulering van komplekse idees, en in die subtiele onderhandeling […]

Nuusbrief: Februarie 2026

Oor: In memoriam: Diana Ferrus (1953 – 2026); Die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun nuwe vertalings na Arabies, Duits en Bulgaars; Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing; Fakture vir ledegeld en welkom aan nuwe lede; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie 2026.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun nuwe vertalings na Arabies, Duits en Bulgaars

PEN Afrikaans kondig met trots aan dat die PEN Afrikaans Vertaalfonds drie vertaalprojekte sal ondersteun wat die Afrikaanse letterkunde na nuwe internasionale lesers sal neem. Ná oorweging van die aansoeke wat teen die vorige sperdatum ontvang is, is besluit dat die volgende vertalings ondersteun sal word (alfabeties gelys volgens die skrywer se van): Mahrousa Publishing, […]

In memoriam: Diana Ferrus (1953 – 2026)

“Stil broers, daar gaan ’n Lady verby,” skryf Mercy Kannemeyer, voorsitter van PEN Afrikaans, ná die hartseer nuus van dr Diana Ferrus se afsterwe op 30 Januarie 2026. “As regisseur het ek die geleentheid gehad om saam met Lady Di te werk in die musiekgedrewe produksie “Woorde op akkoorde”. Gevestigde name soos Frazer Barry, Deniel […]

Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing

PEN South Africa en PEN Afrikaans is uiters ontsteld oor die onlangse besluit van die minister van sport, kuns en kultuur, mnr. Gayton McKenzie, om die inskrywing van die werk wat aangewys is om Suid-Afrika by die 61ste Venesiese Biënnale te verteenwoordig, te kanselleer. Volgens ’n berig deur Daily Maverick is die besluit geneem nadat […]