Die bestuur van PEN Afrikaans betreur die uitkoms van vanmiddag se byeenkoms van die Nasionale Vergadering waartydens die opspraakwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg opnuut met die meerderheidstem van die regerende party aanvaar is – ondanks besware van opposisiepartye en grootskaalse teenkanting uit die skeppende bedrywe.
Monthly Archives: February 2024
Ons doen ’n dringende beroep op ons lede en ondersteuners om die petisie te onderteken. Skrywers verdien beter as die verreikende verswakking van outeursregbeskerming wat in die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg vervat is.
The Bills are scheduled for concurrence by the National Assembly on 29 February. With the Portfolio Committee having recommended it in its report, concurrence should be a formality, notwithstanding passionate and disapproving statements that can be expected from opposition MPs during the debate. With only ten days to go, it seems that only a bout of Leap Year Madness could change the plan.
Oor: PEN dit neer: Aansoeke vir skrywersresidensie ingewag; Die kuns van vertaling: Kobus Geldenhuys; Die Korf: Geleenthede vir Suid-Afrikaanse skrywers; Fakture vir ledegeld en welkom aan nuwe lede; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie 2024.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans doen in 2024 ’n reeks onderhoude met vertalers van verskillende genres om meer van hulle liefde vir dié kuns te hoor. Die onderhoudreeks skop af met Kobus Geldenhuys, bekroonde kinderboekvertaler.





