Die bestuur van PEN Afrikaans se uitgangspunt is dat die Afrikaanse taal ’n nasionale bate is en ’n waardevolle hulpbron wat ingespan kan en, veral in die Wes-Kaap, móét word ter wille van toegang tot kennis en daarmee saam ekonomiese bemagtiging. Dit is tot voordeel van alle sprekers van Afrikaans en tot voordeel van Suid-Afrika.
Monthly Archives: March 2021
Oor: Aansoeke ingewag: skrywersresidensie; PEN Afrikaans vier Internasionale Moedertaaldag 2021; Fakture vir ledegeld en welkom aan nuwe lede; Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer; Klimaatdichters; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2021
Veelbekroonde topverkoperskrywer Jaco Jacobs is hierdie keer aan die woord in ons artikelreeks “Die wêreld van die skrywer”. Ons het hom gevra om uit te brei oor hoe skrywers te werk kan gaan om vir die skolemark te skryf.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Louis Esterhuizen is eerste aan die beurt om ons stel vrae in Taalgenoot te beantwoord. Die bladsy uit die tydskrif is hier beskikbaar, asook bykomende foto’s deur die skrywer verskaf.




