“Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir ’n maand aan ’n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos.”
Monthly Archives: April 2019
Oor: Ontwrigting van bekendstelling van Gangster State deur Pieter-Louis Myburgh; wenners van UJ-pryse 2019 aangekondig; benoemings vir ATKV-Mediaveertjies bekend; stuur jul gedigte: ‘n bloemlesing ter viering van inheemse tale; RSG/Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie; ‘n skrywersresidensie in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting; verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Maart; nuwe Afrikaanse boeke in April; nuwe lede.
PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
PEN Afrikaans veroordeel die destruktiewe optrede van die groep betogers ten sterkste. Dit het ’n geleentheid vir gesprekvoering in die wiele gery deur die toepassing van boelie- en intimidasietaktieke wat daarop gemik is om kritiese stemme stil te maak.