“Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?”
Yearly Archives: 2018
“Veeltaligheid en skepping” (Multilingualism and Creation) was die tema van die PEN International Translation and Linguistic Rights Committee-konferensie wat van 21 tot 24 Junie 2018 in die tweetalige Switserse stad Biel/Bienne plaasgevind het.
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.
Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan; Voorleggings ingewag: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Taalgenoot-leesstof: Herfs 2018; Wat elke skrywer moet weet: plagiaat; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
“Jy het soveel daarin belê om die werk te skryf, moenie huiwer om na te dink voordat jy teken nie. As jou werk die publikasie werd is, sal dit die uitgewer se moeite werd wees om te wag terwyl jy die kontrak eers lees!”
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
“Violence and senseless killing amounts to the most serious attack on the freedom and respect owed to all human beings who should be allowed to express themselves freely in their daily lives, not least of all writers and all who cherish the value of the written word in expressing the full scope of human experience.”
“Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil.”
Na afloop van die Mei 2018-sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat opgerig is met finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), sal die volgende drie vertalings befonds word: ’n Nederlandse vertaling van Slagyster deur Rudie van Rensburg ’n Nederlandse vertaling van Wonderboom deur Lien Botha ’n Nederlandse vertaling van Die […]Read more »




