“Jammer dat my babafoto se kwaliteit so swak is. Dis geneem in die dae toe T-Tex en sy maters nog luiters die aarde bewandel het. Dit is geneem op ‘n kleinhoewe buite Bloemfontein. My broer, Andre, sit aan my regterkant en my oudste broer, James, sit aan my linkerkant. Ek skat ek is omtrent een jaar oud op die foto.”