Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die tema was: “Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?” Die paneel het bestaan uit Breyten Breytenbach, Adam Small, Bettina Wyngaard en Danie Marais. Kerneels Breytenbach was die gespreksleier.
Hieronder is ‘n LitNet-video van Breyten Breytenbach se toespraak. Die video word onderbreek weens beurtkrag, maar die klankgreep gaan word totdat die video weer beskikbaar is.