Die xenofobiese geweld wat Suid-Afrika teister

Beste lid van PEN Afrikaans

In solidariteit met PEN South Africa en alle sogenaamde “vreemdelinge” in Suid-Afrika veroordeel die bestuur van PEN Afrikaans ten sterkste die xenofobiese aanvalle op mede-Afrikane en verskeie gemeenskappe wat in die afgelope twee weke binne ons landsgrense plaasgevind het. 

Ons doen hiermee ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om alles in sy vermoë te doen om orde en vrede te herstel, die veiligheid van slagoffers te verseker en die oortreders te vervolg.

Voeg asseblief jou stem en handtekening by hierdie dringend beroep op ons regering: 
http://sapen.bookslive.co.za/blog/2015/04/18/pen-south-africa-condemns-xenophobic-attacks/

Met vriendelike groete
Danie Marais
Bestuurder: PEN Afrikaans