Yearly Archives: 2018

54 posts

Nuusbrief: Junie 2018

Oor: suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; kykNET loods GRAPKAS; nuwe sluitingsdatum vir internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: die reg op privaatheid; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie.

Die reg op privaatheid – Bernard Wessels

“Dit is belangrik dat voornemende skrywers moet onthou dat, in beginsel, elke persoon die reg het om te besluit watter aspekte van sy/haar lewe privaat is en wat privaat gehou moet word. Verder het individue ook die reg om te besluit watter inligting geopenbaar mag word en ook onder watter omstandighede sodanige openbaarmakings mag geskied.”

Nuusbrief: Mei 2018

Oor: Persvryheiddag; Uitnodiging om deel te neem aan internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: publikasie-ooreenkomste en laster; Aansoeke ingewag by PEN Afrikaans Vertaalfonds; Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei.

Nuusbrief: April 2018

Oor: feeste berig oor sukses; Afrikaans, Nederlands en die Vertaalengel 2018; benoemings ingewag vir Neville Alexander-prestige-eerbewyse; wenners aangekondig: UJ-pryse en NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd; Wat Elke Skrywer Moet Weet: skrywerskontrakte; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Maart; nuwe Afrikaanse boeke in April.

Nuusbrief: Maart 2018

Oor: Internasionale Moedertaaldag; ’n nuwe konseptaalbeleid vir hoër onderwys; terugvoer oor die Kopieregalliansie se beraad; inhoud uit Taalgenoot se Lente 2017-uitgawe; spesiale PharosAanlyn-aanbod verstryk binnekort; Wat Elke Skrywer Moet Weet: artikel oor vererwing van kopiereg; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Februarie; nuwe Afrikaanse boeke in Maart.