PEN Afrikaans bied hiermee ’n uiteensetting van die wyses waarop Afrikaanse boeke tans in Nederland aangeskaf kan word en vra dat organisasies wat ’n belang by Afrikaans in Nederland het die woord sal versprei.
Monthly Archives: July 2018
Oor: gratis toegang tot Tuin van Digters 2018; ledegeld; beskikbaarheid van Afrikaanse boeke in Nederland; Fiona van Kerwel sluit by PEN Afrikaans se bestuur aan; Voorleggings ingewag: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Taalgenoot-leesstof: Herfs 2018; Wat elke skrywer moet weet: plagiaat; ‘n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
“Jy het soveel daarin belê om die werk te skryf, moenie huiwer om na te dink voordat jy teken nie. As jou werk die publikasie werd is, sal dit die uitgewer se moeite werd wees om te wag terwyl jy die kontrak eers lees!”
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
“Violence and senseless killing amounts to the most serious attack on the freedom and respect owed to all human beings who should be allowed to express themselves freely in their daily lives, not least of all writers and all who cherish the value of the written word in expressing the full scope of human experience.”
“Geweld en doodslag, om watter redes ook al, kom neer op die ernstigste denkbare aantasting van vryheid en respek vir medemense wat ’n reg moet hê om hulleself sonder beletsels uit te leef in hul werksaamhede, ook as woordmense wat die woord gebruik om die volle omvang van menslike ervaring te peil.”


