Snufkin – Ronelda S. Kamfer

Ronelda Kamfer (Foto: Nathan Trantraal)

Ek dink die rede dat ek altyd so enamoured was met Tove Jansson se karakter Snufkin was omdat hy my remind het van iemand wat ek ken. Nie iemand spesifiek nie, ’n soort mens. In elke plek waar ek al ooit gebly het, was daar iemand soos hy. Hy kom na jou huis toe, en dan staan hy en drink ’n koppie tee saam jou ma en praat oor niks spesifiek nie. Somtyds is dit al wat hy doen en ander tye sê jou ma, “Kyk gou die pyp vi my, dit bly lek,” of “Kyk gou hoekom die stove nie wil angan nie.” En dan rol hy sy moue op en maak die pyp reg, sonder om een druppel water op sy klere te mors. Of hy kry die draad wat uitgebrand het agter die oond.  Niemand het ooit regtig gedink of gepraat oor hoe hy goed wat net tangentially related aanmekaar was – soos Snufkin wat die regte ways ken om ’n draak te tame én om ’n float te maak vir ’n visstok − altyd met absolute confidence en kalmte kon doen nie. Al wat mense sou sê, is: hy’s baie handig. Asof om ’n electrician te wees ’n personality trait was.

Die dag op skool toe almal kies soos wie hulle gaan wees as hulle groot is, het som ’n gangster in die pad gekies, een of twee Superman, hier en daar het iemand besluit hulle gaan soos hulle ma of pa wees. Maar ek het besluit ek gaan soos Snufkin wees, of daai persoon van wie Snufkin my remind.

Dit was nie genoeg vir my om ’n skrywer te word nie, ek wou ’n spesifieke soort skrywer word. Een wat baie kon doen en met min kon klaarkom. In sy eenvoudigste vorm is alle skrywerk vir my stukkies plankies, ’n jam jar vol skroewe, stukkies fabric enne frame wat iemand êrens oppe tyd weggegooi het. En dit lê net daar en maak die plek vol en deurmekaar, totdat iemand iets soek by my: ’n gedig, ’n play, ’n rubriek of miskien ’n boek. Ek luister na die request en dan dink ek: ja, ek kan daai stukkie lap las aan daai stukkie hout, en ek kan miskien daai frame gebruik, wat ek al wil uitgesmyt het, want ek bly daaroor val. Ek sê nie vir als ja wat mense my vra nie, maar ek sê nooit nee omdat ek nie weet of ek dit sal kan doen nie. Ek weet ek sal dit kan doen, want ek’s handig.

Al wat belangrik is, is hoekom ek dit moet doen, die hoe sal homself uitwerk.

*

In die geval van Kompoun, my debut roman,was die hoekom maklik om te antwoord. Die Jan Rabie Marjorie Wallace committee het vir my ’n perfect koppie koffie gemaak in die vorm van ’n skrywersbeurs − pikswart met twee suiker. Die beurs het my tyd gegee om te dink en droom oor wat die boek kon wees. En ek kon bietjie verder dink as my werkskamer en die rag and bone material wat vir so lank my brood en botter was. ‘n Mens verloor nie oornag ’n make do with what you have houding nie. Die nice ding van stories saam met jou dra, is dat hulle ook groei en evolve soos jy groei en evolve.

*

Uiteindelik sou ek Kompoun skryf en als toepas wat ek reeds met jare van gedigte skryf geleer het. Die proses was nie vir my ’n departure nie, meer soos om rond te wandel buite ’n area wat ek reeds bekend was mee.     

Ek is verbaas hoe baie mense my al gevra het hoe ek die sprong gemaak het vanaf digkuns na prosa. Ek sal sê, ek het liggies gehop van een side na die ander, soos mens sal spring oor ’n puddle water, wanneer een wye tree netso goed sou werk. Sover dit my betref, is die verskil tussen digkuns en prosa superficial.

Aan die einde van die dag, is alle skryf woorde op blaaie. Ek was nog altyd resistant tot fanciful ideas oor skrywers. Vir my moet ’n skrywer enige iets kan skryf, soos die werk inkom, jy moet ’n ligte gesels kan klaar maak, kan sê, “Jy, laat ek gaan klaarmaak, dit raak laat,” en dan gaan sit en jou dag se werk doen.

Ek het eenkeer ’n video-onderhoud gekyk tussen André Parinaud en die skrywer Louis-Ferdinand Céline. Parinaud kyk na die dining room waar hulle sit en vra vir Céline, “This is your work desk?” Céline correct hom en sê, “Work bench.” Want Céline sien homself as ’n artisan, ’n craftsman. Selfs die sculptor Bernini het 9-5 gewerk. Dit is moeilik om te glo omdat sy sculptures lyk asof dit almal gemaak was onder die invloed van ’n holy spirit. Bernini en die boxer Rubin Carter het ’n  philosophy gedeel, Bob Dylan beskryf dit in sy song Hurricane:

“Rubin could take a man out with just one punch

But he never did like to talk about it all that much

“It’s my work”, he’d say, “and I do it for pay

And when it’s over I’d just as soon go on my way”

*

“All the other stars keep to their courses, and go along just like trains on their rails, but comets can go absolutely anywhere; they pop up here and there wherever you least expect them.”
“Like me,” said Snufkin, laughing. “They must be sky-tramps!”
Moomintroll looked disapprovingly at him. “It’s nothing to laugh at,” he said. “It would be a terrible thing if a comet hit the earth.”

Ek glo dat die proses moet nooit groter as die boek wees nie, unless skrywers hulself in hostile en violent spaces bevind, oor die jare het ek al seker ’n duisend fake writing processes probeer create: ek skryf in die aand, ek skryf net as die music hard speel of ek skryf net in overpriced coffee shops.

Dan onthou ek al die aande waar ek in die donker gesit en skryf het as teenager en hoe ek deur horrible neighbourhoods moes loop om by die biblioteek uit te kan kom en dan die isolation en desperation wat ek saam mee moes leef elke keer as iemand my vra: wat wil jy maak met jou lewe? Ek wil skryf, is al, skryf. Die foreignness van skryf sonder enige explanation was impressive en die reward is dat ek doen wat ek gesê het ek gaan doen.

Charles Baudelaire het gesê, “Always be a poet, even in prose.” Ek het dit my motto gemaak. Ek het reeds geweet wat die storie is wat ek wou vertel, so ek kon dit uit my kop sit en net fokus op hoe ek die storie wil vertel. Dis al, verder het ek elke dag gesit en skryf tot die boek klaar was.

*

Mens kry skrywers wie jy van ’n distance af admire. Soos magicians wat jou fool vanaf ’n donker stage. Hulle is mysterious en slim en slick. Maar jy kan hulle altyd net admire van ver af. Dis deel van die performance. En dan kry jy skrywers wie se hande jy staan en dophou terwyl hulle werk. En hulle sal na ’n tyd vir jou sê, “Kom hier kom ek wys jou, is maklik.” En dan op ’n warm laatmiddag onne ’n hoed in die son wys hulle vir jou ’n trick wat jy jou hele lewe lank onthou – ’n skrywer wat jou wys hoe om twee goed aanmekaar te las of hoe om iets wat staan weer te laat beweeg. Dit is wat skryf en lees so powerful maak.

Dis belangrik vir my, bo als, om die skryfproses te demystify, om enige persoon te laat voel hulle kan skryf. As hulle sou wou.

Ek soek altyd vir die Snufkin in die crowd, in die storie en in die writing.