![]() |
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Gekeurde inskrywings: Kyk hoe ver het ons gekom ![]() Dit is ’n plesier om by hierdie nuusbrief die volledige lyste van gedigte- en kortverhaalinskrywings in te sluit wat deurgedring het na die volgende ronde in die kompetisies wat ons saam met onderskeidelik Versindaba en LitNet aanbied om 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal te vier. Die aanvanklike keuring is deur Daniel Hugo (gedigte) en prof. Heilna du Plooy (kortverhale) behartig. Hulle het die inskrywings anoniem gekeur. Ons is dankbaar dat ons op hul kundigheid kon staatmaak. Die gekeurde inskrywings, waaruit die beoorderlaarspanele die wenners sal aanwys, word hier onder weergegee. Die wenners word volgende maand aangekondig. Ter wille van die integriteit van die beoordelingsproses sal ons eers dan die beoordelaarspanele bekendmaak. Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner. Gekeurde inskrywings word aanlyn gepubliseer – onderskeidelik op LitNet en Versindaba. Baie geluk aan die skrywers! GEDIGTE “’n Vreeslike ding” deur Kaylee Camm “Van ver af” deur MC Horak “Vir Jou” deur Annie van der Merwe “Afrikaans” deur Nadia van Rijswijk “Julle worrie verniet” deur Martli Slabber “Evolusie” deur Gerda Taljaard “i oorsprong” deur Ilse Van Staden “Die postmoderne braai” deur Kobus Grobler “Beloop” deur Dietloff Van der Berg “Vernuftige Vertoning” deur Andrea Sieberhagen “‘n Woord” deur Elzana Taljaard “laienanalyse (a la francaise)” deur Jaco Barnard-Naude “Basterkind” deur Ilse Botha “Familiaal” deur Gerhard Barkhuizen “Afrikaans” deur Lydia Gittens “heil die voorlopers” deur Marius Ackermann “hoe ver” deur Marlise Joubert “my pop” deur Cornelia Langenegger “Een klein tree” deur Nadine Fedeli “Muse” deur Ansie Nel “In die land van goud en diamante” deur Aniki Joseph “My taal, no ghap” deur Keith Oliver Lewis “Klein hesperiada” deur Jerzy Koch “Ongebonde” deur Retha Van Deventer “Donderweer” deur Chrislyn Robinson “Ander lewe” deur Geraldine Klopper “Taalkombers” deur Anton Döckel “oesjaar” deur Helena Ewert “Bagasie” deur Philip Moolman “Jogaklas” deur Ronelda Jordaan “Suikerbos” deur Paula Hartzenberg “hoe ver nog?” deur Elsabé Fouché “Waters van taal” deur Laniëlle Hartzenberg “1939-2024” deur Jelleke Wierenga “Vlieg, vloek en dans” deur Yuwinn Kraukamp “Tot heel volle toe” deur Alma Rossouw “Ek wil” deur Seasca “My binnewêreld” deur Ruan Fourie “Nostalgie” deur Jacques Boshoff “Man met ’n blom in sy mond” deur Louis Esterhuizen “‘n Handvol horingoue woorde” deur Corlia Fourie “Dit is mos my taal” deur Chestlyn Draghoender “sin” deur Mariëtte Crafford KORTVERHALE “’n Tjoppie vir die pot” deur Linza de Jager “Bargoens” deur Gerda Taljaard “Bloed” deur Zelda Bezuidenhout “Cuito Cuanavale (1988)” deur Chris Ackerman “Die laaste soen” deur Albert De Vos “Die mol” deur Marius Ackermann “Die pan” deur Analize Viljoen “Die trap” deur Lucia Du Preez “Die wolf wat Rooikappie geword het” deur Elmien Ackerman “Ek kom van ver af” deur Estelle Nagel “Geroepe” deur Madeleine Venter “Harry se storie” deur Eldaleen Hugo “Huiskerk en die nuwe boot” deur Wilhelm Stemmet “Husse” deur Julio Agrella “Krisjan se meisies” deur Marinda Kotza “Laterwater” deur Piet Bergh “Ma se offer” deur Hendie Grobbelaar “Maar Pa het geweet” deur Elna Jordaan “Moordstaat” deur Mary-Ann Keyser “‘n Engel Duisend” deur Hidayat Adams “‘n Oog vir ‘n Oog” deur Eugene Pienaar “Nagmaal by Vliegepoort” deur Attie Schoeman “O, die donkie” deur Marie Schoeman “Om vrou te wees” deur Rita Swanepoel “Poorte van die hel” deur Jelleke Wierenga “Projek Candy” deur Eric Jacobs “Solomon gaan Parys toe” deur Zalman “Tot op die sewende vloer” deur Aniel Botha “Al die voëls het neste begin” deur Charl-Pierre Naudé “Aminata” deur Karina Muller “Amperdaar” deur Francois Verster “Beroof deur wou” deur Alma Rossouw “Boot Camp Blues” deur Ronelda Jordaan “Buitestaander” deur Pieter Verster “Die Klap” deur Wikkie Burger “Die kondensmelkinsident” deur Inge Venter “Die man in die gat” deur Alet Steenkamp “Die pienk vel” deur Madeleine Louw Blignaut “Die tiende vrag” deur Tosca De Villiers “Die weduwee wat soos ’n feniks gerys het en kon miaau van daggasjokolade” deur Seasca Van Lelyveldt “Die wille wetters van Wesrivier” deur Francois Bloemhof “Die wind kan skielik draai” deur Lynette Erasmus-Schultz “Doodskoot” deur Irma Steffens “Een en een maak twee…” deur Benita Hartman “Ek speel vijool” deur Antoinette Coetzee “En vergewe ons ons wonde” deur Mercia S. Burger “Evelina se bord” deur Judith Grobler “Haar ander vel” deur Roela Hattingh “Hier is Lisa” deur Juliana Coetzer “Klein botteltjie groot gif” deur Anton Döckel “’n Deurrit” deur Vincent Oliphant “Nie eers amper ’n volle dag nie” deur Jurgen Smith “Ontoerekenbaar” deur Hannes Visser “Op die punt van haar tong” deur Sidney Gilroy “Ouma Gesie kom weer” deur Jan Vermeulen “Paulus, Gary, Teboho” deur Amos Van der Westhuizen “Rachel Ruysch” deur Rentia Weber “Saamskryf” deur Braam Van der Vyver “Skoen” deur Marana Brand “Sorgelose kinderjare” deur DeWet Bisschoff “Stienie” deur Martin Botha “Tot so ver” deur Solet Scheeres “Ver genoeg” deur Adéle Basson “Vriendskap dikker as bloed” deur Stefaans Coetzee “Wanneer mens dink” deur Lina Vogel PEN dit neer: Aansoeke vir skrywersresidensie ingewag ![]() Ons herinner almal graag dat die Jakes Gerwel Stigting, PEN Afrikaans en PEN South Africa tans aansoeke inwag vir die PEN dit neer-residensieprogram wat ten doel het om vir skrywers onverstoorde skryftyd in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap te bied. Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan weer vanjaar in aanmerking kom hiervoor. Die suksesvolle kandidate sal gehuisves word in Paulet Huis, die Stigting se skrywershuis, van 2 tot 22 Junie 2025. Die skrywers kan uitsien na die inspirasie en genot van ’n lowerryke tuin, ’n sjarmante dorpie, die rus en stilte van die omgewing en die samesyn van medeskrywers. As jy belangstel in hierdie opwindende residensie, is die vorms vir aanlyn aansoeke hier beskikbaar: https://jgf.org.za/af/aansoek-pen-dit-neer/ Jou aansoek moet die volgende insluit: – Motiveringsbrief – Duidelike uiteensetting van skryfprojek – Voorbeelde van huidige en vorige werk – Let wel: ’n Brief van ’n uitgewer wat daarin belangstel om jou werk te publiseer, sal sterk in jou guns tel. Vereistes en belangrike datums: – Beskikbaar vir beide opkomende en gevestigde skrywers. – Slegs opbetaalde PEN-lede kom in aanmerking vir hierdie residensie. Om ’n lid te word, kontak PEN Afrikaans se bestuurder, Catrina Wessels, by penafrikaans@gmail.com. – Sluitingsdatum: 4 April 2025 – Aankondiging van suksesvolle kandidate: 2 Mei 2025 – Kandidate moet reeds met inskrywing bevestig dat hy/sy beskikbaar is vir die residensieperiode: 2 tot 22 Junie 2025 Die skryfprogram sluit in: – Nasionale retoerkaartjies na Gqeberha (Port Elizabeth), indien nodig – Vervoer tussen die lughawe en KwaNojoli (Somerset-Oos) – ’n Gerieflike, eie “room with a view” – Die Stigting se inwonende sjef se heerlike maaltye – Skoonmaakdienste – Onbeperkte toegang tot die internet – Genoeg spasie vir skryf in jou kamer, stil hoekies in die huis en die tuin. Die wêreld van die skrywer: artikelreeks Ons gaan vanjaar voort met ons artikelreeks oor skryfverwante onderwerpe waarin daar kwartaalliks ’n nuwe artikel verskyn. Dit is ’n plesier om aan te kondig dat Nathan Trantraal die volgende artikel in dié reeks sal lewer. Hou gerus ons webwerf en sosialemedia-platforms dop. Ons sal dit daar deel wanneer dit beskikbaar is. Intussen moedig ons almal aan om die vorige aflewerings in dié reeks te lees indien jul nog nie het nie. Dit is hier op ons webwerf beskikbaar: https://penafrikaans.org.za/category/projekte/skrywerswereld/ Dit was goed om van Marieta Nel van LAPA te verneem dat Zelda Bezuidenhout se onlangse artikel in ’n studiegids oor haar jongste jeugroman, Quinn se jaar van kwik, sal verskyn. Jakes Gerwel-gespreksreeks by die Suidoosterfees ![]() Tydens die Suidoosterfees wat van 30 April to 4 Mei 2025 by die Kunstekaap gaan plaasvind, kan belangstellendes oudergewoonte gaan luister na gratis, boeiende gesprekke wat deel uitmaak van die Jakes Gerwel-gespreksreeks. Hierdie gespreksreeks plaas die kollig op boeke en aktuele sake en sluit ’n wye verskeidenheid onderwerpe en deelnemers in. Goed om te weet: Toegang tot die gesprekke is gratis, maar om jou sitplek te verseker, moet jy steeds deur Webtickets bespreek. Exclusive Books hanteer die boekverkope by die ATKV-Boeke-oase en skrywers sal na afloop van die sessie boeke teken. Kom vroeg vir ’n gratis koppie koffie en kom deel in die gesprek – voor, tydens en na die tyd. Klik hier vir meer inligting: https://suidoosterfees.com/2025-jakes-gerwel-gesprekke-jakes-gerwel-discussions/ Rus in vrede, Crystal-Donna Roberts (1984 – 2025) ![]() PEN Afrikaans betreur die hartseer verlies van Crystal-Donna Roberts, ’n veelsydige en geliefde mens. Sy was bekend as aktrise, aanbieder en skrywer. Sy het in 2023 verskyn in ons reeks video’s oor skryf en lees waarin sy, Ashwin Arendse en die onlangs ontslape Joha van Dyk aan die woord is. Kyk gerus Crystal-Donna Roberts se video by hierdie skakel: https://youtu.be/kU_ykzUF7KA Die gesamentlike video is hier beskikbaar: https://youtu.be/tdSTpxdKl80 Sy sê daarin: “Ons is almal geseënd met ’n talent, met ’n gift, en wat ook al dit is, ons moet dit entertain. As jy ’n interest het in iets en jy vind jy het ’n talent in daai ding, entertain it and see how far it can go. […] Doen wat jy kan om hierdie talent wat jy het, hierdie gawe waarmee jy geseën is… put the time into it so that it can flourish.” Ons sal haar onthou as iemand wat juis dit gedoen het. Ons dink aan haar gesin en geliefdes in hierdie moeilike tyd. Fakture en moontlike borgskap van ledegeld Fakture vir 2025-ledegeld is pas uitgestuur. Baie dankie aan almal wat reeds betaal het. Indien jy nie ’n faktuur ontvang het nie en tog vanjaar ’n opbetaalde lid van PEN Afrikaans wil wees, laat weet gerus by penafrikaans@gmail.com. Die ledefooi van R300 sluit lidmaatskap van PEN International in. Ons doen ook graag ’n beroep op ons lede om die ledegeld van dié lede wat nie vanjaar hul ledegeld kan bekostig nie, te borg. Laat weet ons asseblief by penafrikaans@gmail.com as jy: – ’n borgskap van R300 beskikbaar sal stel, of – vir so ’n borgskap in aanmerking wil kom. Dit sal as vertroulik hanteer word. Hierdie versoek vloei voort uit ’n gesprek wat by ons algemene jaarvergadering aan die einde van 2024 spontaan begin het, en waartydens dit duidelik was dat daar enersyds behoeftige, opkomende skrywers is wat nie die ledegeld kan bekostig nie, en andersyds ook die behoefte is om jonger lede na ons organisasie te trek – dit is internasionaal die geval, met PEN International wat onlangs die Young Writers Committee gestig het met die oog hierop. Ons nooi ons lede uit om by te dra tot hierdie inisiatief indien jul dit goeddink. Skryf teen 1 April in vir die tiende Woordfeeskortverhaalkompetisie ![]() Dit is tyd vir die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel-kompetisie. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en “dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale”, sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees. Vorige wenners sluit in die bekroonde Lynthia Julius, en die skrywers Michèle Meyer, Clari Niemand en Hendie Grobbelaar se wenverhale is elk tot Silwerskermfees-kortfilms verwerk. “Met die tiende bundel bereik ons ’n mylpaal. Ons vier die uitstaande werk van meer as 200 skrywers wat al in die bundel opgeneem is, en sien uit na nóg ’n gerf besonderse verhale vir volgende jaar,” sê Suzette Myburgh, die sameroeper van die keurderspaneel sedert die instelling van die kompetisie in 2016. Die skrywer van die wenverhaal sal prysgeld van R30 000 ontvang met die komplimente van EasyEquities. Die res van die skrywers wat in die bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 kry, ook met die komplimente van EasyEquities. EasyEquities is ’n maklike, veilige en vinnige manier om in ’n verskeidenheid van opsies te belê – beide in Suid-Afrika en die buiteland. Lees meer by easyequities.co.za. Skrywers wie se verhale vir die bundel gekies word, sal gedurende Julie 2025 in die media bekend gemaak word. Die wenverhaal sal tydens die bekendstelling van die bundel by die 25ste Stellenbosch Woordfees in 2025 aangekondig word. Die bundel sal oudergewoonte die jaar se feestema as titel hê. Die kortverhaalskrywers wat aan die kompetisie deelneem, hoef egter hoegenaamd nie die feestema in ag te neem nie en kan skryf waaroor hulle wil. Klik hier vir die kompetisiereëls en -riglyne vir inskrywings: https://woordfees.co.za/nuusmedia/dit-is-tyd-vir-die-tiende-stellenbosch-woordfeeskortverhaalbundel-kompetisie/ Maandelikse resensie-oorsig ![]() Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is. Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com. Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak. Nuwe Afrikaanse boeke in Maart 2025 Baie geluk aan ons lede wat in Maart nuwe boeke op die rakke het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word. Ten slotte: – Ons salueer ’n reus van die Suid-Afrikaanse teater en literatuur, die dramaturg Athol Fugard, wat ons op 8 Maart 2025 in die ouderdom van 92 ontval het. Hy het tydens sy roemryke loopbaan amper 40 toneelstukke geskryf, wat tematies gekenmerk is deur anti-apartheid-oorwegings en ander sosio-politiese kommentaar. Hy is plaaslik en internasionaal vereer, onder meer met ’n Tony vir sy lewensbydrae, en het deur sy kragtige skryfwerk eg Suid-Afrikaanse stories vertel. Ons eer sy groot nalatenskap. ![]() – Jaco Barnard-Naudé het ons vrae beantwoord vir die someruitgawe van Taalgenoot. Klik hier om die tydskrif aanlyn te lees: https://indd.adobe.com/view/publication/b56eca28-5b06-416f-86c6-1c21135ac2ec/xvhr/publication-web-resources/pdf/NUUTSTE_TAALGENOOT_SOMER_2025_online.pdf – Baie welkom aan die volgende lede wat sedert ons vorige nuusbrief by PEN Afrikaans aangesluit het: Maureen Champion, Naidene Lottering en Wilmot Arendse. Dit is goed om julle aan boord te hê. Vriendelike groete Catrina Wessels Bestuurder: PEN Afrikaans |