
Lede van PEN Afrikaans word hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die skrywersresidensie wat die Jakes Gerwel Stigting saam met PEN Afrikaans en PEN South Africa aanbied.
Daar sal ook weer deelname uit die buiteland wees wat nader aan die tyd aangekondig sal word.
Die doel van hierdie program is om aan skrywers (opkomend of gevestig) van alle genres die geleentheid te bied om tydelik van hulle alledaagse lewensverpligtinge te ontsnap, en onverstoord in die pragtige Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap te kan werk aan ’n manuskrip. Geen mentors is betrokke nie en die skrywers werk dus teen hulle eie pas. Dit is nie verpligtend nie, maar voorkeur sal gegee word aan skrywers wat ondersteuningsbriewe van voornemende uitgewers by hul aansoeke insluit.
Die datums vir 2025 is as volg:
Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 April 2025
Aankondiging van suksesvolle kandidate: 2 Mei 2025
Residensie: 2 tot 22 Junie 2025