PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband.

Jongste nuus en artikels

Nuusbrief: Mei 2024

Oor: PEN Afrikaans neem deel aan UNESCO se Aschberg-program; Nathan Trantraal vereer; Die kuns van vertaling: ’n Onderhoud met Elsa […]

Nuusbrief: April 2024

Oor: Suksesvolle aansoekers vir die PEN dit neer-residensieprogram; Wenners van Akademiepryse aangekondig; Wenners aangekondig: NB-Uitgewers se 2023 Jeugboekpryse; Artikelreeks: Die […]

Nuusbrief: Maart 2024

Oor: ’n Gesamentlike protesaksie teen die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; Die wêreld van die skrywer: artikelreeks; Books on the Bay; Wenners […]

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans2 days ago
Kyk hoe ver het ons gekom - 'n kortverhaalkompetisie wat PEN Afrikaans saam met LitNet aanbied - is nog goed aan die gang en oop vir inskrywings tot in Januarie 2025. Stuur inskrywings en navrae na penkortverhaalkompetisie@gmail.com.

Keuring vind deurgaans plaas en die gekeurde verhale verskyn op LitNet. Lees gerus die verhale en sien watter inskrywings deur die beoordelaarspaneel gelees sal word om volgende jaar die wenners te bepaal. Hou gerus dop; daar sal hierdie maand nog verskeie gekeurde verhale by hierdie skakel verskyn: https://www.litnet.co.za/kyk-hoe-ver-het-ons-gekom-pen-afrikaans-en-litnet-se-kortverhaalkompetisie/

Daar is ook ’n gedigskryfkompetisie saam met Versindaba.

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Ons dank aan Kruger Internasionaal wat hierdie kompetisies moontlik maak.
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans3 days ago
Baie geluk aan Emile Joubert, wat vir sy kortverhaal “Die berghaan het sy seer laat val” bekroon is as algehele wenner van die 2024 Woordfees-kortverhaalkompetisie by die bekendstelling van die kortverhaalbundel op 28 September.

Dr. Frederick Botha, een van die hoofkeurders, sê oor die wenverhaal: “Daar is ’n broosheid maar ook sjarme in die vertelling wat my só bekoor het dat ek dit dadelik weer wou lees."

Dit is vir PEN Afrikaans 'n plesier om weer vanjaar as een van die borge by te dra tot die publikasie van dié kortverhaalbundel, wat deur Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees, beskryf word as ’n “literêre en humanitêre tydsdokument”.

📷: Emile Joubert saam met Saartjie Botha, en saam met Danie Marais, bestuurslid wat PEN Afrikaans by die geleentheid verteenwoordig het. (Foto's deur AB Jantjies)
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans6 days ago
Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, het PEN Afrikaans die afgelope week by die internasionale PEN-kongres in Oxford verteenwoordig. Hier is sy saam met Burhan Sönmez, die president van PEN International
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans1 week ago
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans1 week ago
Baie geluk!
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans2 weeks ago
Dit is amper tyd vir die Toyota Stellenbosch Woordfees. PEN Afrikaans nooi graag deelnemende skrywers, uitgewers, joernaliste en resensente uit om van die Skrywerskamer gebruik te maak. Dit is 'n rustige lokaal in die Ou Hoofgebou met sitplek, koffie, tee, wifi, en kragpunte. Ons hoop om ook van ons lede daar te sien.

Wêreldboeke- en kopieregdag 2020

Op Wêreldboeke- en kopieregdag 2020: Kom ons ondersteun skrywers deur nie net hul boeke nie, maar ook hul kopiereg te respekteer.
#WorldBookandCopyrightDay

Tuin van Digters

KONTAK ONS | CONTACT US