Statements out of touch with the reality of Afrikaans

In an episode of the podcast “SmartLess” which was released on 14 November 2022, Charlize Theron, a celebrated Hollywood actress and producer who was born and raised in South Africa, made several statements about the Afrikaans language that have elicited a heated response. The problematic statements include that the language is a bastardisation of Dutch, which disregards a variety of other influences, and that Afrikaans is “definitely a dying language” and “not a very helpful” language.

Theron’s remark that there are only 44 people who still speak Afrikaans was clearly not meant literally. What is also clear is that the rest of the statements are out of touch with the actual state of Afrikaans. Rather, they feed into an outdated and obsolete image of Afrikaans as primarily the language of a small and diminishing part of South Africa’s white population. In fact, the opposite is true: the majority of Afrikaans speakers are brown, black and Indian, the language is growing and is currently the third largest language in South Africa.

In her response, Bettina Wyngaard, a former vice-chair of PEN Afrikaans, extends the following invitation to Theron:

“Instead of making wild statements from afar, come and check out what we are doing. Read an Afrikaans book, sponsor an Afrikaans word, […] listen to an Afrikaans musician, dance together to the riel. Come ask me for a list. Come and learn about the vibrant variants of Afrikaans in which we create.”

Like other centres that are part of the PEN network, PEN Afrikaans believes that the languages ​​we speak matter; and also, how we speak about those languages.

PEN International’s Girona Manifesto, which focuses on language and linguistic rights, is available here.

***** Afrikaans version *****

PEN Afrikaans reageer op Charlize Theron se uitlatings oor Afrikaans

Charlize Theron, ’n Hollywood-ster wat in Suid-Afrika gebore en getoë is, het in ’n episode van ’n podsending genaamd “Smartless” ’n aantal uitlatings oor die Afrikaanse taal gemaak wat sedert die vrystelling daarvan op 14 November 2022 groot reaksie ontlok. Die problematiese stellings wat sy oor Afrikaans gemaak het, sluit in dat die taal ’n verbastering van Nederlands is, waardeur ’n verskeidenheid ander invloede misken word, en dat Afrikaans ’n sterwende en nuttelose taal is.

Theron se stelling dat daar slegs 44 mense is wat nog Afrikaans praat, is duidelik nie letterlik bedoel nie. Net so is dit duidelik dat die res van die stellings uit voeling is met die werklike stand van Afrikaans. Dit skakel met ’n verouderde en uitgediende beeld van Afrikaans as primêr die taal van ’n klein en kwynende deel van Suid-Afrika se wit bevolking. Die teendeel is egter waar: Die meerderheid van Afrikaanssprekendes is bruin, swart en Indiërs, die taal groei en is tans die derde grootste taal in Suid-Afrika.

In haar reaksie rig Bettina Wyngaard, ’n voormalige ondervoorsitter van PEN Afrikaans, die volgende uitnodiging aan Theron:

“In plaas van doer van ver af wilde stellings maak, kom check wat ons doen. Lees ’n Afrikaanse boek, borg ’n Afrikaanse woord, al is dit dan nou pampoentjie, luister na ’n Afrikaanse musikant, dans saam aan die riel. Kom vra my vir ’n lys. Kom leer oor die vibrante variante van Afrikaans waarin ons skep.”

Soos ander sentrums wat deel is van die PEN-netwerk, glo PEN Afrikaans dat die tale wat ons praat saakmaak en ook hoe ons oor daardie tale praat.

PEN International se Girona-manifes, wat op taal en taalregte fokus, is hier beskikbaar.