Soos in vorige jare kan ek ook sê dat ons werksaamhede klaarblyklik iets is waarop PEN Afrikaans trots kan wees. Ons ondervoorsitter, Mercy Kannemeyer, kon, soos verlede jaar, na aanleiding van ervarings by PEN International se jaarlikse hoofkongres, getuig van die kennelike agting wat PEN Afrikaans geniet by die hoofbestuur van dié organisasie asook by afgevaardigdes van ander PEN-sentra. Die komplimente wat sy en haar mede-afgevaardigde van PEN Afrikaans, Fiona van Kerwel, ontvang het, betref die sukses van projekte soos ons ondersteuning van inisiatiewe om Afrikaanse boeke in ander tale vertaal en gepubliseer te kry, Die Onsigbare Kind-projek (’n leesprojek waarvan Catrina en ons mede-bestuurslid Fiona van Kerwel aan die stuur van sake staan), en die verantwoordelike, stimulerende bestuur van ons PEN-sentrum.
Voorsittersverslag
5 posts
Voorsittersverslag: Algemene jaarvergadering op 16 November 2024 te SASNEV in Pinelands, Kaapstad
Voorsittersverslag gelewer by PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 19 Oktober 2023
Voorsittersverslag gelewer by PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 26 Oktober 2022
PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering het op 19 Oktober 2021 aanlyn plaasgevind. Lees die voorsittersverslag hier.

