Oor: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van werk deur Ronelda S. Kamfer en Olivia M. Coetzee; Charlize Theron se uitlatings oor Afrikaans; Aansoeke verwelkom: Residensieprogram vir skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika; Digterlike reaksies uit Oekraïne op die oorlog (slot); Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Desember.
Vertaalfonds
3 posts
Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen.
PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende vertalings deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: ’n Arabiese vertaling van 𝘒𝘳𝘪𝘯𝘨𝘦 𝘪𝘯 ’𝘯 𝘣𝘰𝘴 deur Dalene Matthee en ’n Albanese vertaling van 𝘔𝘪𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘯𝘪𝘬𝘴 deur Irma Venter.