“As ons glo dat letterkunde meer as net verstrooiing is, iets het om oor te dra aan die leser, is dit tog seker die moeite werd om ook ander kulture se waardes en nukke en smake te ervaar deur middel van daardie kulture se voorste interpreteerders. Noem dit ‘cultural exchange’ (kulturele kruisbestuiwing?).”
Die kuns van vertaling
“’n Goeie vertaling is diensbaar aan die bronteks, én ’n teks op sy eie, waarby jy as ’n leser vergeet dat jy die konstruk volg van een subjektiewe interpretasie (want elke vertaler kom met ’n ander vertaling), en jou kan oorgee aan die idees, die taal, die beelde van die teks.”
Oor: PEN dit neer: Aansoeke vir skrywersresidensie ingewag; Die kuns van vertaling: Kobus Geldenhuys; Die Korf: Geleenthede vir Suid-Afrikaanse skrywers; Fakture vir ledegeld en welkom aan nuwe lede; Maandelikse resensie-oorsig; Nuwe Afrikaanse boeke in Januarie en Februarie 2024.
PEN Afrikaans doen in 2024 ’n reeks onderhoude met vertalers van verskillende genres om meer van hulle liefde vir dié kuns te hoor. Die onderhoudreeks skop af met Kobus Geldenhuys, bekroonde kinderboekvertaler.